Swakoprivier, see ontmoet ná 11 jaar
Kuiseb bereik sy delta
Swakopmunders kon gister skaars hul opgewondenheid beteuel toe die Swakoprivier vir die eerste keer in byna 11 jaar die see bereik het en tot 'n spontane mini-vakansie gelei het.
Om presies 08:26 gisteroggend het die eerste vonkelwynprop op die strand geskiet. ‘n Klein stroompie van die Swakoprivier het – met die hulp van ‘n paar gretige inwoners – die see bereik. Honderde het bygestaan, en gejuig en hande geklap.
Binne 20 minute het stroompie egter in ‘n woedende rivier met stroomversnellings verander. Teen daardie tyd het meer as 1 000 kusbewoners hulle pad na die rivier gevind om die fenomeen te aanskou. Onder hulle was jongmense en kinders, aangesien klasse spontaan by sommige skole gekanselleer is. Ná amper twee uur het die riviervlak gesak en sommige het die golwe met hulle branderplanke aangedurf.
Die kusbewoners is versoek om versigtig te wees. “Waaghalsige gedrag wat swak oordeel behels – soos alkoholgebruik, om nie ‘n reddingsbaadjie te dra nie of alleen te swem – kan die risiko van verdrinking verhoog,” het mnr. Archie Benjamin, Swakopmund se uitvoerende hoof, gister gesê. Hy het bygevoeg: “’n Goeie reël is om nie te swem in die dae ná swaar reën nie. Wanneer swaar reën voorkom, kan riole reguit in riviere uitloop, wat dit baie gevaarlik maak om daarin te swem.”
Die sakeman mnr. Quinton Liebenberg, eienaar van die Tiger Reef Beach Bar, was veral verheug oor die ontmoeting tussen die rivier en die Atlantiese Oseaan. “Om op die strand geleë te wees is deel van my bemarkingstrategie, maar byna 20 meter van my eiendom lê weens erosie in die see,” het hy gesê. Hy hoop die vloeiende rivier sal meer sand na die strand sal spoel “sodat Tiger Reef weer ‘n strand sal hê – soos dit voorheen was”.
Intussen het die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV), wat op die oewer van die rivier geleë is, inwoners versoek om versigtig te bestuur. “Ons verstaan almal is opgewonde, maar moet asseblief nie soos ‘n besetene verby die DBV en RVS (Swakopmund Riding Association) ry nie. Ons het rondloperkatte en ‘n paar is amper raakgery,” het die DBV gewaarsku.
Die eerste gerugte dat die rivier die see sal bereik het Dinsdagmiddag die ronde begin doen nadat die sandputte – sowat 20 km stroomop geleë – gevul is. Beide die Khan- en Swakoprivier was in daardie stadium in volle vloed. Die rivier het uiteindelik gister in die vroeë oggendure die strandmeer bereik. Dit is die eerste keer dat water in die Swakoprivier onderdeur die nuwe brug vloei op die C28 (die pad wat agter die duine verbyloop) gebou is.
Dit was nie net Swakopmund wat gister van opgewondenheid gegons het nie. Die Kuisebrivier het die gelyknamige delta net ‘n paar kilometer van die see af bereik. Dit is aangekondig deur die maatskappy Sandwich Harbor 4x4, houer van dié konsessie. Boonop het die Omarururivier voortdurend by die Omdeldam by Hentiesbaai ingevloei. Volgens NamWater was die dam gister om 08:00 9,1% vol.
Die Swakoprivier het op 19 Maart 2011 om 17:11 laas die see bereik. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie