ON THE RISE: The Kavango West Region police chief inspector Raimbert Muronga warns about scammers. Photo Nikanor Nangolo
ON THE RISE: The Kavango West Region police chief inspector Raimbert Muronga warns about scammers. Photo Nikanor Nangolo

Swendelaars teiken belastingterugbetalings

Wees waaksaam, waarsku hoofinspekteur
Met die terugbetaling van belastinggeld, maan hoofinspekteur Raimbert Muronga dat swendelaars dit gebruik om mense se bankbesonderhede uit te vis.
Nikanor Nangolo
Die polisie in die Kavango Wes-streek het die publiek gewaarsku oor ’n toename in bedrieglike aktiwiteite wat gekoppel word aan die terugbetaling van belasting en het die publiek aangeraai om versigtig te wees wanneer hulle persoonlike inligting deel.

Die hoofinspekteur vir die polisie in Kavango-Wes, Raimbert Muronga, het aan Netwerk Media Hub (NMH) gesê gevalle kom toenemend voor waar swendelaars hulself voorgee as beamptes van instansies soos die Namibiese Inkomsteagentskap (NamRA), MTC en die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) en so bedrieg.

"Gevalle van bedrog en diefstal onder valse voorwendsels, veral deur sosiale media en oproepe, het toegeneem. Hierdie misdadigers gee hulself voor as NAMRA-personeel en bied aan om die terugbetaling van belasting te fasiliteer. Hulle oorreed mense dan om hulle bankbesonderhede te verskaf, wat dan gebruik word om hulle rekeninge leeg te maak," het Murongo gesê.

Die waarskuwing kom op ’n kritieke tyd nadat die regering nuwe maatreëls vir die verligting van belasting aangekondig het. Met die verlaging van die drempel waarteen vir belasting gekwalifiseer word, kry talle Namibiërs 'n meevaller met terugbetalings. Die meevaller sal na verwagting N$640 miljoen in belastingbetalers se sakke sit en het nou 'n nuwe teelaarde vir swendelaars geskep om mense te bedrieg.

Muronga het gesê dat ’n oudio-opname wat op sosiale media versprei word, ’n goeie voorbeeld is van hoe swendelaars te werk gaan.

"In klankgreep kontak ’n swendelaar wat homself as ’n Namra-werknemer voordoen, ’n individu en bied aan om die terugbetaling van die persoon se belasting te bespoedig en ook toegang tot die slagoffer se bankbesonderhede te verkry. Soortgelyke bedrog word ook gepleeg waar swendelaars beweer dat hulle van MTC is en valse belonings bied in ruil vir bankbesonderhede. Wanneer hulle dit kry, maak hulle die slagoffer se bankrekening leeg," het hy gesê.

In nog 'n geval in Augustus is ’n werknemer van die Internasionale Universiteit van Bestuur (IUM) ingeloop, nadat hy ’n lening van N$30 000 belowe is. Die swendelaar het ’n deposito van N$2 500 gevra en die slagoffer het sy geld verloor sonder dat hy enige sent ontvang het.

Met die feesseisoen om die draai, het Muronga klem gelê op beter bewustheid en gesê dat swendelaars meer blatant geraak het.

"Swendelaars sal in volle swang by OTM's, supermarkte, hospitale en selfs Natis-kantore wees op soek na hul volgende slagoffer. Die publiek moet op hul hoede wees en nie persoonlike inligting oor die foon of op sosiale media deel nie," het hy gewaarsku. Muronga het inwoners van die Kavango Wes-streek gevra om enige aktiwiteite wat verdag lyk aan te meld.

"Kom ons werk saam om die geleenthede vir hierdie misdadigers te beperk. Hoe vinniger die voorvalle aangemeld word, hoe vinniger kan ons ondersoek instel en dié opspoor wat daarvoor verantwoordelik is," het hy gesê.

Hy het herhaal dat persoonlike waaksaamheid die beste teenmiddel teen hierdie tipe misdaad is. "Swendelaars sal enige metode gebruik om jou geld te steel. Dit is ons verantwoordelikheid om onsself te beveilig deur nie persoonlike inligting vir vreemdelinge te gee nie," het hy begevoeg. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford | West Bromwich Albion 0 vs 1 Middlesbrough | Sunderland 2 vs 0 Derby County | Queens Park Rangers 1 vs 3 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Leeds United | Luton Town 2 vs 2 Oxford United | Coventry City 3 vs 0 Blackburn Rovers | Cardiff City 1 vs 0 Millwall FC | Burnley 1 vs 0 Plymouth Argyle English Championship: Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford | West Bromwich Albion 0 vs 1 Middlesbrough | Sunderland 2 vs 0 Derby County | Queens Park Rangers 1 vs 3 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Leeds United | Luton Town 2 vs 2 Oxford United | Coventry City 3 vs 0 Blackburn Rovers | Cardiff City 1 vs 0 Millwall FC | Burnley 1 vs 0 Plymouth Argyle #N/A Currency: GBP to NAD 22.94 | EUR to NAD 19.23 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 17.56 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.17 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.78 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.3 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1657.11 | USD to ZAR 17.56 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1869.13 Down -1.42% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14154.97 Up +0.93% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 644.07/OZ DOWN -0.0044 | Copper US$ 4.56/lb UP +0.82% | Zinc US$ 3 173.00/T UP 1.63% | Brent Crude Oil US$ 78.48/BBP DOWN 0 | Platinum US$ 994.34/OZ UP +0.20% #N/A