Tsumeb se finansiële bestuurder onskuldig
Eis N$1,3 miljoen vir regskoste
Karolina Damaseb is op aanklagte van korrupsie en oneerlikheid onskuldig bevind.
Die Tsumeb-munisipaliteit se finansiële bestuurder en voormalige waarnemende uitvoerende hoof, Karolina Damaseb, wat op Julie 2021 geskors is op aanklagte van korrupsie en oneerlikheid, is onskuldig bevind.
Damaseb eis nou dat die dorpsraad haar sowat N$1,3 miljoen vergoed vir die regskoste wat sy moes aangaan om die bewerings waarvan sy beskuldig is, te beveg.
Dié versoek is gerig in ’n brief gedateer 16 Januarie vanjaar wat Damaseb aan die munisipaliteit se waarnemende uitvoerende hoof, Frans Enkali, geskryf het.
“Ek skryf om formeel ’n terugbetaling aan te vra vir die regskoste wat aangegaan is tydens die dissiplinêre verrigtinge wat teen my begin is, waarin ek op 4 Desember 2024 onskuldig bevind is,” het sy geskryf.
“Om te verseker dat ek behoorlik verteenwoordig word en my regte beskerm word, het ek die dienste van advokaat S.S Makando Chambers bekom.
“Hierdie dienste was nodig weens die ingewikkeldheid van die saak en potensiële implikasies vir my professionele reputasie en indiensneming.
“Die gevolglike regskoste oor ’n tydperk van drie en ’n half jaar van altesaam N$1 270 994 het ’n aansienlike finansiële las op my geplaas,” lui die brief.
Tsumeb se burgemeester, Mathew Hangula, het vandeesweek by navraag vir kommentaar bevestig dat die saak afgehandel is en gesê die verslag van die komitee wat die dissiplinêre verrigtinge hanteer het, moet nog aan die raad voorgelê word. Hy meen hy kan dus nie kommentaar oor die aangeleentheid lewer nie.
Hangula het gesê die raad sal volgende week vergader.
REGVERDIG
Damaseb het gesê hoewel sy geregverdig voel, hou sy vol dat sy geweet het dat sy onskuldig was.
“Ek het van dag een af geweet ek is onskuldig. So net om ’n punt te bewys, omdat die raad besluit het om daarmee voort te gaan, het ek nie bedank nie en het gewag tot die saak afgehandel is en dit bewys is,” het sy gesê.
Damaseb het ook gesê dat die afgelope drie jaar moeilik was aangesien familielede, kollegas en lede van die gemeenskap haar as skuldig beskou het.
Sy het ook gesê dat sy weens die aantygings teen haar nie vir werk elders kon aansoek doen nie.
“Die skade aan my reputasie is daar. Ek kan duidelik onthou hoe my kollegas en familie na my gekyk het. So dit is die beste dat my naam herstel word,” het sy gesê.
GEEN ANDER WERK
Damaseb, wat destyds die waarnemende uitvoerende hoof was, is in Julie 2021 uit die Tsumeb-munisipaliteit geskors nadat sy ’n ondersoek van stapel gestuur het teen twee ondergeskiktes wat sy dissiplinêr wou aankla.
Dié twee het in reaksie hierop ander kwessies oopgevlek en Damaseb is op gedwonge verlof geplaas.
Die twee werknemers was die dorp se senior rekenmeester, John Amutenya, en die eiendomsbeampte, Gerson Kautondokwa.
Damaseb het Amutenya en Kautondokwa laat ondersoek na aanleiding van ’n aanbeveling deur die ouditeur-generaal in die munisipaliteit se 2018-ouditverslag.
Damaseb het nie die aanbevelings geïmplementeer toe sy die ouditverslag in 2018 ontvang het toe sy nog die waarnemende uitvoerende hoof was nie. Dit was eers in 2020 dat sy die raad daaroor ingelig het en sy versoek is om die aanklagte te formuleer.
Die raad het nooit haar ondersoek goedgekeur na haar medekollegas nie, wat daartoe gelei het dat Amutenya en Kautondokwa met griewe teenoor Damaseb vergeld het en dit tot haar skorsing gelei het.
In 2023 is Amutenya afgedank nadat hy skuldig bevind is op grond van die bewyse van die ondersoeke wat teen hom uitgevoer is.
Kautondokwa bly egter steeds in sy pos aan nadat hy onskuldig bevind is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie