FOTO VERSKAF
FOTO VERSKAF

Tuindorp se rivier met rommel besaai

Henriette Lamprecht
Ten spyte van agt vullisdromme in die Okahandjarivier wat ’n gewilde kampeerplek oor naweke onder die kameeldoringbome vir van inwoner tot besoeker is, blyk dit die rommelstrooiers kry steeds die oorhand. ’n Inwoner het dié foto uit Okahandja aangestuur en sê “die mense is geneig om waar ’n hoop rommel lê, bloot hul rommel verder bo-op te pak!”

Vir natuurliefhebbers, stappers en kampeerders is dit ’n “steen des aanstoots”, erken die inwoner wat tong-in-die-kies laat val hulle het geweet die asgate gaan skuif, maar nie gedink dis in die Okahandjarivier nie!

Die bourommel (foto) is afkomstig van die ou swembad en ’n vervalle huis wat op die dorp gestroop is en die gevaar is dat veral kinders wat op die hope speel, deur stukkende drankbottels en selfs stukke skerp beton beseer kan word. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!