Unieke klipfigure kan die mensdom verenig

Frank Steffen
Die eerste Namibiese bywoning by die La Biennale di Venezia skep groot geleenthede vir die land asook die wêreld.

Dis die opinie van dr. Marco Furio Ferrario, die kurator van die Namibiese paviljoen op die eiland La Certosa wat voor Venesië lê. Meer oor die uitstalling kan gelees word op die webtuiste biennalenamibia.art, wat deel van die kuns-ekspo se webblootstelling vorm.

Toe die president van die biënnale, Roberto Cicutto, in sy aanlyn opening die wêreld uitgedaag het om betrokke te raak by ’n “dialoog deur kuns”, het hy in wese herhaal wat Ferrario spesifiek vir die Namibiese paviljoen beoog het.

Ferrario se liefde vir Namibië is duidelik. “Wanneer ek die unieke Namibiese beeldhouwerke sien, “The Lone Stone Men of the Desert”, sien ek verskillende mense van oraloor die wêreld in Namibië saamkom om ’n byeenkoms as gelyke vennote by te woon met die doel om die menslike rol in die wêreld te heroorweeg.

“Waar hulle aanvaar hulle moet bymekaarkom om die pad vorentoe te bespreek in ’n poging om die skade wat mense aan die planeet aangerig het, om te keer.

“Watter beter plek is daar nie as hierdie afgeleë, dog pragtige plek in die woestyn, waar ’n nuwe begin bepaal moet word nie?”

Namibië behoort die middelpunt van die wêreld te word, waar ’n nuwe begin oorweeg word.

Hy het verduidelik daar is wêreldwyd ’n nuwe tendens dat “kuns op sigself belangriker is as die kunstenaars”, wat al jare lank van toepassing op die “Klipmanne van die Kaokoveld” is.

“Mense wie se uitsluitlike doel dit is om die naam van die kunstenaar uit te vind of wat dit ken en dit daarom bekend maak, verstaan nie die ware vorm van kuns wat daarop gemik is om ’n boodskap te stuur nie. Hulle ignoreer die wens van die kunstenaars om nie in die pad te staan van die boodskap wat hulle geskep het nie.”

Ferrario is opgewonde oor hierdie nuwe benadering, waar kuns deel is van ’n groter omgewing. “Dit het nog nie ’n naam nie en kan dalk lei tot ’n nuwe kunsgenre.”

Die uitstalling sal 80 nasionale deelnemers by die historiese paviljoene in die Giardini, Arsenale en ander prominente plekke in die middestad van Venesië huisves.

Vyf lande neem vir die eerste keer deel, naamlik Namibië, Nepal, Kameroen, Oman en Uganda. Die biënnale word deur miljoen mense besoek en dis deur dié kulturele uitruiling dat Ferrario verwag dat Namibië verwelkom sal word in die groep van lande wat sosio-politieke verhoudings en “kulturele toerisme” bevorder.

Die Venesiese biënnale sal Saterdag 23 April afskop en tot 27 November duur. Ferrario was aktief betrokke by die geldinsameling vir ’n uitstalling wat geweldig duur gaan wees met beelde wat herskep word, ander alleenstaande beelde wat tot ’n hoogte van vyf meter gebou word, asook verskeie ander visuele en sensoriese uitstallings.– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!