Usakos hou gemeenskapsmark

Almal is welkom!
Die mark bied 'n wonderlike geleentheid vir inwoners van die dorp en omliggende areas om hul produkte te vertoon en verkoop.
Leandrea Mouers
’n Gemeenskapsmark word op 25 en 26 Julie by die jeugsentrum op Usakos gehou.

Tannie Este Carstens vertel dat Usakos bekend is as ’n dorp waardeur daar gewoonlik net gery word.

“Maar dit beteken nie dat daar niks op Usakos aangaan nie. Nee, Usakos is ’n dorp wat baie het om te bied. Met skole, ’n polisiestasie, kerke, ’n hospitaal, winkels, vulstasies, ’n hotel, en nog vele meer, is daar baie om te ontdek. Dit lyk net asof mense nie die tyd neem om ons dorp se skoonheid en lekkerte te waardeer nie.”

Sy sê dat sy die idee gekry het om ’n gemeenskapsmark te hou omdat dit ’n wonderlike geleentheid vir die inwoners van Usakos en omliggende gebiede bied om hul produkte uit te stal en te verkoop.

“Ons gemeenskap is vol talentvolle mense wat uitstekende produkte en dienste lewer, maar hulle kry nie elke dag die geleentheid om dit ten toon te stel of uit te leef nie.

“Hierdie mark kan ook ’n platform wees waar reisigers wat deur ons dorp beweeg, ons unieke produkte kan ontdek en koop.

“Ons wil soveel as moontlik uitstallers na die mark nooi."

Daar sal ’n wye verskeidenheid stalletjies wees met produkte soos braaivleis, roosterkoek, gebak, handwerk, naaldwerk, houtwerk, kuns, ingelegde produkte, gesondheidsprodukte, lemoene van Usakos, juwele, koffie en tee, pannekoek, koekies, samoesas, droë vrugte, speserye, Avon-produkte en Cotton Road-handsakke.

“Dié produkte se plek is reeds bespreek, maar daar is nog plek vir baie meer stalletjies.”

Sy sê om ’n gemeenskapsmark te hou, bied verskeie voordele.

“Mense maak tyd om in te loer en te stop, om uit hul alledaagse roetine te breek en om uit die huis te kom. Dis ’n geleentheid vir die gemeenskap om bymekaar te kom, te gesels, idees uit te ruil, bande te smee en ’n gevoel van behoort te kweek.

“Aan die einde van die dag stap ’n mens ryker weg, nie net in terme van verkope nie, maar ook met ’n gevoel van gemeenskap en samehorigheid.

“Mense van ander dorpe is welkom om deel te neem. Bespreek gerus ’n stalletjie en kom geniet die samesyn in Usakos.”

Vir meer inligting of om ’n stalletjie te bespreek, kan Este by 081 271 9090 of Helga by 081 222 7707 gekontak word.

Die koste vir ’n stalletjie vir die twee dae beloop N$150.

“Ons sien daarna uit om hierdie mark ’n sukses te maak en die beste van Usakos aan die wêreld te wys.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!