Uutoni ‘tjoepstil’ oor Gobabis-kwessies
Inwoners betoog teen munisipaliteit
Raadslede het in 'n brief die minister van stedelike en landelike ontwikkeling versoek om sy stilswye te verduidelik.
Twee raadslede op Gobabis het die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, daarvan beskuldig dat hy hul oproepe ignoreer om beweerde korrupsie op die dorp te takel.
Dit te midde van inwoners van Gobabis wat sedert Donderdag voor die munisipaliteit se kantoor betoog in protes teen beweerde korrupsie op dié dorp.
Die raadslede beweer dat 17 vullissakke met amptelike dokumente en onwettige salarisaanpassings ten bedrae van sowat N$5 miljoen vernietig is.
In ’n ope brief, gevolg deur ’n amptelike klag wat terugdateer tot Maart vanjaar, het raadslid en die voorsitter van die bestuurskomitee, Isak de Beer, en sy mederaadslid, Elvire Theron, dié uitlatings en eise gemaak.
Die twee het beweer dat hulle dokumente wat met dié klagtes verband hou, in April by Uutoni ingedien het en met hom opgevolg en ’n vergadering aangevra het toe hy die dorp daarna besoek het.
“Die doel van hierdie ope brief is om die agbare minister te versoek om te reageer of hy die verslae nagegaan het en om sy stilswye te verduidelik. Ons het verslae en briewe geskryf maar stilte bly die reaksie,” het hulle in die brief gesê.
Uutoni, wat gesê het hy is besig en nie kan praat nie, het teen druktyd nog nie op navrae gereageer nie.
BEWERINGS TEEN EISES
Hulle het intussen in hul brief van 27 Maart die dorp se uitvoerende hoof, Sophia Eises, daarvan beskuldig dat sy met raadsbesluite inmeng en hulle glo verhinder het om sekere tegniese personeellede in die elektrisiteitsafdeling te skors.
“Daar word voortdurend na Windhoek gereis om besoeke aan prokureurs en sleutelkantore af te lê waarvan die bestuurskomitee niks weet nie. Ons word nie van hierdie besluite ingelig nie, selfs nadat die reise afgehandel is,” luidens die brief.
Volgens die duo is die inhoud van 17 swartsakke versnipper nadat geskorste personeellede onlangs weer aangestel is.
Die raadslede beweer ook dat daar tot op hede niks aan die saak gedoen is nie, ondanks die feit dat hulle die voorval by die polisie aangemeld en die raad besluit het om ondersoek in te stel.
ONTKENNING
De Beer het Eises ook daarvan beskuldig dat sy haar magte misbruik het om hom as voorsitter van die bestuursraad te verwyder, maar sy hou vol dat sy slegs die brief namens die raad geskryf het.
Eises het haarself van al die beskuldigings gedistansieer en gesê sy was met verlof toe die dokumente versnipper is en sy het glo slegs op grond van hofstukke vir die salarisverhogings opgetree.
“Die salarisaanpassing was nie ek nie, die voormalige uitvoerende hoof het ’n salarisooreenkoms met Napwu onderteken en Napwu het die raad hof toe gesleep.
“Toe ek hier gekom het, het die raad die saak verloor en al wat ek gedoen het, was om dit te implementeer.
“Ek is nie ’n raadslid nie. Daar is geen manier hoe ek De Beer en Theron kan keer nie. Wanneer die ander raadslede teen ’n besluit soos die skorsing van personeellid is, dan stem hulle daarvolgens. Hulle is net twee raadslede en die ander is sewe,” het sy gesê.
Theron het gesê hulle het geen vertroue dat die ministerie sal reageer nie en meen hulle het die afgelope vier jaar al die kanale probeer volg.
“’n Mosie van wantroue staar ons in die gesig, maar ons word nie geïntimideer nie. Daardie minister reageer op niks nie. Hulle het hul planne,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie