Uutoni maan teen eksterne skuldinvorderaars
Sê plaaslike owerhede moet interne stelsels in plek kry
Dorpe soos Katima Mulilo, Windhoek, Oshakati en Ondangwa is van dié wat die afgelope tyd skuldinvorderingsmaatskappye aangestel het.
Kenya Kambowe - Inwoners wat versuim om munisipale rekeninge te vereffen, dwing plaaslike owerhede om skuldinvorderaars te betrek, het Erastus Uutoni, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, erken. Hy voeg egter by die oplossing lê in skakeling met die gemeenskap en die versterking van interne skuldinvorderingstrategieë.
Die minister het aandag gegee aan ’n toenemende tendens van plaaslike owerhede wat skuldinvorderingsagentskappe aanstel om miljoene se uitstaande skuld te verhaal.
Verskeie mediaberigte het egter die konflik beklemtoon wat dikwels tussen inwoners en dorpsrade ontstaan sodra skuldinvorderingsagentskappe aangestel word.
Dorpe soos Katima Mulilo, Windhoek, Oshakati en Ondangwa is van dié wat die afgelope tyd skuldinvorderingsmaatskappye aangestel het.
Ons susterkoerant Namibian Sun het verneem dat Grootfontein se munisipaliteit ook besig is om ’n skuldinvorderingsmaatskappy aan te stel om byna N$200 miljoen te verhaal wat deur wanbetalende inwoners geskuld word.
SIT STELSELS IN PLEK
Uutoni het egter in ’n onderhoud dié naweek gesê skuldinvorderingsagentskappe is nie die oplossing nie.
Hy meen plaaslike owerhede wend hulle tot sulke maatreëls omdat hulle nie behoorlike stelsels in plek het nie.
“Plaaslike owerhede moet hulself herrangskik. Hulle het nie stelsels in plek om hul gemeenskappe te hanteer nie. Hulle moet hul eie skuldinvorderingstelsel hê,” het Uutoni gesê.
“Hulle moet ’n platform vestig waar hulle betrokke raak. Dit is waar dat dit baie uitdagend is, maar as jy eers ’n stelsel het wat die gemeenskap betrek, waarna hulle sal hoor wat die munisipaliteit sê en een of ander reëling tref,” het hy gesê.
GEMEENSKAP SKULDIG
Uutoni het erken dat plaaslike owerhede hulle dikwels tot skuldinvorderingsmaatskappye wend omdat baie inwoners nie bereid is om vir dienste te betaal nie.
“Die gemeenskappe, as hulle nie wil betaal nie, skep ’n situasie waar die plaaslike owerhede so ’n besluit moet neem. Jy probeer dit, mense is net stil, en jy probeer dit, en die mense is net stil. Wat dink jy sal die plaaslike owerheid nog doen? Dit is dus hulle, die gemeenskap, wat ’n situasie van hierdie aard skep,” het Uutoni aangevoer.
“Jy drink water en jy wil nie betaal nie. Jy bly in ’n munisipale area en jy wil nie belasting betaal nie. Vir plaaslike owerhede om te oorleef, het hulle die geld van tariewe en belasting nodig,” het hy gesê.
“As gemeenskapslid verwag jy om water, vullisverwydering en ander dienste te ontvang. Waar dink jy sal die plaaslike owerheid die geld kry om hierdie dienste te lewer?"
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie