Van die veld is vrolik

Henriette Lamprecht
Hoewel daar gebiede in die suide van die land is wat al goeie neerslae aangeteken het, is daar egter steeds gebiede, ­veral in die verre suidooste, wat nog weinig indien enige reën ontvang het. Die goeie nuus is die Namibiese ­weerkantoor voorspel matige tot swaar donderbuie vir die suidelike dele van die land sowel as die sentrale Noorde, ­noordwestelike en sentrale gebiede. Die weerkantoor waarsku ook oor kitsvloede wat in dié gebiede kan voorkom. ’n Tipiese dankbare Namibiese reëntoneel van wuiwende gras en plate geel duwweltjies is deur Henriette Lamprecht op die plaas Tiger’s Lair buite Aranos geneem.

Kommentaar

Republikein 2025-03-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer