Foto ter illustrasie/Argief
Foto ter illustrasie/Argief

Verouderde substasies in munisipaliteit se visier

Henriette Lamprecht
Ongeveer 25 verouderde substasies in Windhoek is deur die munisipaliteit geïdentifiseer om vir residensiële doeleindes in die hoofstad se oudste woonbuurtes gebruik te word.

Die betrokke substasies met ’n totale grondoppervlakte van 2,3 hektaar is geleë op erwe wat in residensiële erwe omskep sal word en is elk sowat 450 vierkante meter of groter.

Volgens die munisipaliteit is die erwe gerieflik in gedienste gebiede geleë wat verseker dat maklike verbindings met munisipale dienste soos water, elektrisiteit en riool teen ’n minimale koste gedoen kan word.

Die stadsvaders sê ook dat die bestaande kraginfrastruktuur op die erwe verouderd is en die einde van hul leeftyd bereik het.

Die munisipale voorstel behels die vervanging van die verouderde infrastruktuur met ’n moderne en kompakte skakeltoestel wat slegs ’n oppervlakte van 6 m x 3 m benodig vir installasie. Die voorstel sluit ook die onderverdeling van die substasie-erwe in, met slegs die 6 m x 3 m wat nodig is vir die nuwe kraginstallasies.

Die inisiatief het nie net ten doel om Windhoek se kraginfrastruktuur te moderniseer nie, maar ook om die kritieke tekort aan grond in die hoofstad te takel en inwoners se algehele lewensomstandighede te verbeter.

Finansiële beramings dui daarop dat die vervanging van die verouderde infrastruktuur ongeveer N$13,1 miljoen sal beloop. Daarteenoor kan die verkoop van die erwe wanneer dit as enkelresidensiële erwe gesoneer word, sowat N$28,8 miljoen genereer.

Inkomste uit die verkoop van die erwe sal opgraderingskoste dek en deurlopende inkomste aan die munisipaliteit verskaf deur dienste soos tariewe en belasting en vullisverwydering.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!