Versamelstukke byna terug in Nam

Ná die voltooiing van navorsing wat deur wetenskaplike spanne van verskeie museums onderneem is, word 23 items nou terug na Namibië ge-stuur. Dié items is tans in die versameling van die etnologiese museum van die Pruisiese Kultuurerfenisstigting. Die versamelstukke wat onder meer historiese alledaagse items, juweliersware, gereedskap en klere insluit, is Donderdag in Berlyn vir die reis voorberei en verpak. Volgens die stigting is dit ’n nieamptelike oorhandiging van die items. Foto Joerg Carstens, DPA

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer