Voornemende renosterstropers gebruik glo lemoene
Wou diere daarmee vergiftig
Drie voornemende renosterstropers was glo van voorneme om renosters met lemoene te vergiftig.
Volgens die eienaar van ‘n plaas in die Gobabis-distrk wat al telkemale onder renosterstropers deurgeloop het, het die drie voornemende stropers glo gebieg dat hulle die renosters met lemoene wou vergiftig.
Hulle is Saterdagoggend op die plaas in hegtenis geneem, nadat die teenstropery-eenheid van Nyime hulle met nagsigtoerusting opgemerk het.
“Die eenheid het hulle gelukkig vinnig opgetel voordat hulle die renosters gestroop het. Lede van die eenheid het deur die nag sowat 25 km ver spoorgesny en hulle al drie gevang,” het die boer aan Network Media Hub (NMH) gesê.
“Ons het baie ondersteuning van boere in die omgewing, polisiereserviste en die eenheid vir beskermde hulpbronne gekry.”
Die drie verdagtes is ook volgens die boer met kapmesse, messe, handskoene en maskers in hul besit in hegtenis geneem. Daar is na die gewere op die plaas gesoek wat vermoedelik in hul vlugtog weggeooi is, maar hulle kon tot dusver nie die gewere of hul selfone opspoor nie.
Die boer sê dit is die vierde keer in twee maande wat hierdie groep by sy plaas ingekom het.
“Die eerste twee keer was dit net twee persone, seker die ‘scouts’. Die derde keer was dit ‘n groep van vyf en nou drie.”
Die renostereienaar sê hy het al gehoor van gevalle in Suid-Afrika waar renosters met koolkoppe vergiftig is, maar nog nooit dat lemoene gebruik is nie.
“Ek glo nie die renosters sou die lemoene eet nie.”
Sedert 2020 is ses witrenosters op sy plaas gestroop.
Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, Romeo Muyunda is 76 renosters teen 11 November landswyd gestroop. Elf is witrenosters op privaatplase gestroop, asook 13 swartrenosters deel van die renosterbewaringsprogram.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie