Vrou dagvaar ná baarmoeder bars
Dag ná opname is baba stilgebore
'n Vrou in kraam is na bewering vir ure alleen in die geboortekamer gelos.
Henriette Lamprecht
In die soveelste eis teen die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, dagvaar ’n vrou van Windhoek buiten die ministerie ook die Namibiese regering, nadat haar baarmoeder tydens kraam gebars het.
Me. Caroline Shapohalo van die Ombili-nedersetting in die hoofstad, se baba is daarna stilgebore.
Shapohalo het op 5 September verlede jaar by die Windhoek Sentrale Hospitaal aangeklop vir hulp, nadat sy kraampyne ervaar het.
Sy was nege maande swanger en het omdat sy in kraam was, by die hospitaal aangemeld om die geboorteproses te fasiliteer.
Shapohalo is onmiddellik in die kraamafdeling van die hospitaal opgeneem en na die geboortekamer geneem waar sy volgens hofstukke “die oorblywende gedeelte van die dag en nag in pyn en sonder enige hulp” deurgebring het.
Sy het verskeie kontraksies gehad, met die verpleegsters aan diens wat glo net na hartklop geluister het en ’n paar “mates” geneem het. Volgens Shapohalo het sy verskeie kere gevra om na die teater geneem te word.
Op 6 September omstreeks 06:00 is sy uiteindelik na die teater geneem waar sy ’n dag ná haar opname ’n stilgeboorte gehad het.
TRAUMATIES
Volgens Shapohalo het die traumatiese kraamproses veroorsaak dat haar baarmoeder gebars het weens die “traagheid en nalatigheid en gebrek aan sorg” van die verpleegsters.
Sy eis skadevergoeding van N$1,25 miljoen omdat personeel geweier het om haar te ondersoek om ’n akkurate diagnose te maak in dat sy nie natuurlik geboorte kon skenk nie en daarom dringende mediese hulp nodig gehad het.
Ten spyte van haar voortgesette kontraksies, pyn en vaginale bloeding, sê Shapohalo het personeel haar nie dringend behandel nie.
Hulle het haar ook die hele aand alleen gelos en sodoende nagelaat om haar vermoë te bepaal om veilig en natuurlik te kraam.
“As ’n direkte gevolg van die bogenoemde verkeerdelike en nalatige optrede asook swak bestuur deur mediese personeel, het haar baarmoeder gebars,” lui hofstukke.
Dié skeuring het gevolglik daartoe gelei dat Shapohalo se baba stilgebore is.
Sy is ook deur ’n onafhanklike mediese kenner ondersoek en evalueer wat tot dieselfde gevolgtrekking gekom het.
Shapohalo eis ondermeer N$600 000 vir emosionele skok en trauma, N$200 000 vir ongemak asook begrafniskoste van N$50 000.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie