Vulliskwessie ‘binne ’n jaar opgelos’
Okahandja takel rommel
Die dorp se uitvoerende hoof sê daar is uiteindelik lig aan die einde van die tonnel vir Okahandja se rommelprobleme.
“[Dit is] hartseer om te sien hoe die rommelhope lê, wat nie weggery word nie. Alles wat in die rivier beland, spoel na die Swakoppoort dam toe, wat reeds so besoedeld is,” het ’n inwoner van Okahandja per e-pos aan Republikein gesê.
“Ons het inwoners wat daadwerklik help om die probleme op te los, maar as die munisipaliteit vullis verwyder is daar die volgende dag weer vullis wat die munisipaliteit nie daar gesit het nie,” sê Charl Coetzee, ’n verteenwoordiger van die Okahandja Rate Payers Association (Orpa) en ’n lid van die dorp se munisipale raad.
“Die een probleem het die ander geskep; omdat ons geskiedkundige probleme met vullis gehad het, het dit ’n tendens en ’n tradisie van rommelstrooi onder inwoners geskep. Ons het ook ’n kultuur van vingerwys. Daar is mense op die pawiljoen wat sit en toekyk, maar al hoe ons hierdie probleme gaan oplos, is as daardie mense van die pawiljoen afklim en help,” sê hy.
Die nuwe inwoners wat na Okahandja stroom, plaas volgens hom ook meer stremming op die geskiedkundige probleme wat die dorp se leierskap op ’n beperkte begroting probeer oplos.
“Die mense stroom na Okahandja en ons sit met ’n dubbele probleem, want talle van die mense wat hierheen stroom, is werkloos. Dus dra hulle by tot die vullisprobleem, maar nie tot die dorp se kapitaal nie, so ons balanseer nie ons ekonomie in hierdie stadium nie,” het Coetzee gesê.
BINNE ’N JAAR
Alfons Tjitombo, Okahandja se uitvoerende hoof, sê die munisipaliteit is bewus van die vullisprobleem en dat die dorp se vaste-afvalbestuurstelsels behoort binne ’n jaar in werking te wees.
“As die vorige leiers nie stelsels in plek gesit het nie, sal jy ’n ongunstige nalatenskap erf en dit sal nadelig vir jou stelsels wees. Ons vorige leiers het nie planne in plek gehad om vaste-afval te bestuur nie, maar ons het verskeie strategieë bedink wat die kwessies soos onder meer waar om die rommel heen te vat en van die stortingsterrein takel,” het hy gesê.
Tjitombo sê die munisipaliteit onderneem tans om die huidige stortingsterrein toe te maak.
“Die huidige stortingsterrein is op sy maksimum kapasteit en is naby ’n residensiële gebied geleë, veral vir inwoners met ’n baie lae inkomste,” het Tjitombo gesê.
Die munisipaliteit is volgens Tjitombo ook besig om asblikke (wheelie bins) in fases aan te koop en meer voertuie by sy vloot om vullis te bestuur, te voeg.
“Daar is groot geld betrokke, maar dit moet gedoen word.”
Volgens Tjitombo sal publieke opvoeding tot die verligting van die tuindorp se vulliskopseer bydra.
“Die publiek moet opgevoed word en nie rommel strooi nie. Rommelstorting kan net getakel word wanneer ons die kapasiteit het en daardie kapasiteit is asblikke en opvoeding,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie