BACK TO BUSINESS: The TotalEnergies Kavango Petroport in Rundu.
BACK TO BUSINESS: The TotalEnergies Kavango Petroport in Rundu.

Vulstasie-eienaar met N$500 beboet

Yandi Du Plessis
Kenya Kambowe op Rundu - Micke du Preez, die eienaar van ’n vulstasie op Rundu wat verfilm is terwyl hy en sy werknemers mekaar met ’n stok op die boude slaan – wat hy as ’n “speletjie” beskryf het – is met N$500 beboet nadat een van sy voormalige werknemers ’n saak van aanranding teen hom aanhangig gemaak het.

Dit is bevestig deur Du Preez se regsverteenwoordiger, Richard Metcalfe. Die video’s, wat vroeg vandeesmaand wyd op sosiale media gedeel is, het tot gevolg gehad dat verskeie belanghebbendes – insluitend politieke partye en vakbonde – Du Preez veroordeel het.

Volgens gerugte is die werknemers, wat ook op die video’s gesien kan word waar hulle Du Preez op die boude slaan, in ruil vir lenings geslaan. Du Preez en die werkers het egter beweer dit was alles ’n speletjie tussen mans.

Du Preez is gedwing om in die openbaar om verskoning te vra, en ’n dag later is berig dat die betrokkenes ’n skorsing van twee weke sal uitdien, wat op 18 Maart geëindig het.

Die betrokke werkers en Du Preez het intussen teruggekeer werk toe, met die uitsondering van die werknemer wat die saak geopen het.

SAKE SOOS GEWOONLIK

Volgens Metcalfe het alles na normaal teruggekeer en hy sê die “speletjie” sal nie herhaal word nie.

“Die arbeidskonsultant het aanbevelings gemaak wat geïmplementeer is.

“Mnr. Du Preez het uiterse berou uitgespreek oor wat ’n onverantwoordelike speletjie was om by betrokke te raak op sy perseel. Dit was onverantwoordelik om daaraan deel te neem en dit goed te keur,” het die prokureur gesê.

“Verskonings is aan die ministerie van justisie, die werknemers en die Namibiese nasie uitgereik. Dit blyk dat die werknemers almal terug by die werk is behalwe vir een, mnr. Willem Durant, wat bedank het en ’n klag van aanranding by die polisie aanhangig gemaak het.

“Mnr. Du Preez het ’n skulderkenningsboete van N$500 betaal, en dit is basies wat gebeur het. Sake gaan voort, almal is terug by die werk.”

Metcalfe het gesê die arbeidskonsultant se bevindings toon dat die “speletjie” nie deur Du Preez geïnisieer is nie, maar deur ’n voormalige werknemer wat destyds die bestuurder was.

‘LES GELEER’

Toe ons susterkoerant Namibian Sun die perseel verlede week besoek het, het een van die werknemers – een van dié wat geskors was – gesê hulle was op 18 Maart terug by die werk en alles is terug na normaal.

Hy het bygevoeg hulle sal nie meer deelneem aan wat hy ’n speletjie noem nie.

“Dit was alles ’n speletjie en dit sal nie weer gebeur nie. Ons het ons les geleer,” het hy gesê. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!