Vuurwarm pret vir ’n goeie doel

Kristien Kruger
Dit is Internasionale Brandveiligheidsweek en die Windhoek-brandweer het ’n aksiebelaaide program vir oud en jonk. Sedert Maandag word demonstrasies, inligtingsessies en toere deur die brandweerkantoor aangebied en vind daagliks tussen 11:30 en 15:30 plaas. Volgens Estelle Hein, die stasiebeampte van Windhoek-brandweer, kan kinders ook die sessies bywoon.

“Ons probeer dit lekker maak vir die kinders en speel ook bietjie tussendeur,” vertel Estelle.

Vir môreaand word daar groot pret beplan, alles ten bate van ’n goeie doel. Brandweermanne en -vroue sal om 18:00 die modeplank aandurf as deel van ’n modeparade en daarna sal afsprake met brandweermanne opgeveil word.

Dit gebeur alles by hulle hoofkwartiere in die hoofstad en is om geld in te samel vir die aankoop van rookalarms wat in informele nedersettings installeer word. Dit vind ook aanklank by vanjaar se tema – Rookalarms: Laat dit vir jou werk.

Die wenners van die brandweer se skryf- en kunskompetisie waaraan talle skoolleerlinge deelgeneem het, sal ook môreaand aangekondig word.

Ter afsluiting van die week se verrigtinge, hou die brandweer Vrydagaand ’n skuimpartytjie en kaartjies is beskikbaar by Pick ‘n Pay en Webticket.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!