Waar is Lüderitz se koperswaard?
Die gemeenskap van Lüderitz is woedend oor ’n swaard wat op dié kusdorp gesteel is.
Die koperswaard was die afgelope 60 jaar teen ’n klip voor die dorpsraad se gebou gemonteer.
’n Sosialemediasoektog om die vermiste swaard op te spoor, is van stapel gestuur en mense word aangemoedig om die gemeenskap te help.
Volgens raadslid Phil Balhao het hy Woensdagoggend besef die swaard is weg.
“Die groot klip staan reg voor ons kantoor. Dis ’n monument vir soldate wat in verskeie oorloë geval het. Ek is baie hartseer – nie net oor die swaard wat gesteel is nie, maar oor die vandalisme en diefstal in geheel wat besig is om toe te neem.”
Inwoners van Lüderitz het ’n beloning van N$1 000 uitgeloof.
“Ek probeer om nog geld vir die beloning in te samel, maar tot dusver staan dit op N$1 000. Die vermoede is dat dit deur ’n versamelaar gesteel is.”
Die twee gedenkplate is nog vas teen die rots. Op die kleiner een is die datum “1896” en op die groter een bokant die swaard staan “In Memoriam” en die datums “1894, 1904-07, 1914-18 en 1939-45”.
Die eerste datums is die oorloë in Namibië tussen die Duitse Schutztruppe en die Namas en Herero’s. Die ander is die datums van die Eerste en Tweede Wêreldoorlog.
Mense met enige inligting om die swaard terug te vind, kan Lüderitz se buurtwag op 081 370 2344 skakel. Dié mense se identiteit sal anoniem gehou word.
Me. M’kariko Amagulu, die adjunkdirekteur van kuns in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, meen Namibiërs heg nie genoeg waarde aan hul erfenis en kultuurskatte nie.
“Ons waardeer hulle nie en dus kom ander mense na ons land en vat dit. Die versamelaars waardeer hulle. Namibiërs verstaan nie regtig hoe ryk ons erfenis en kultuur is, hoe belangrik dit is nie. Ons heg nie waarde aan sulke items nie en dit maak dit maklik dat hulle gesteel kan word. ’n Versamelaar verstaan die waarde van geskiedenis, erfenis en kultuur en wat dit vir ’n land en sy mense beteken. Vir Namibiërs is dit ’n stuk koper wat geld beteken.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie