Waterpokkies tref tronk

Tweehonderd gevangenes word geraak
Die Windhoek Sentrale Gevangenis se afdeling vir verhoorafwagtendes gaan tans gebuk onder 'n uitbreking van waterpokkies.
Kristien Kruger
Hofverrigtinge is die afgelope dae belemmer weens die uitbreking van waterpokkies by die Windhoek Sentrale Gevangenis se afdeling vir verhoorafwagtendes.

Die sowat 200 geraakte beskuldigdes kan tot verdere kennisgewing nie hofverrigtinge bywoon nie en verrigtinge moet gevolglik uitgestel word.

Volgens die kommissaris-generaal van die Namibiese Korrektiewe Dienste, Raphael Hamunyela, is dit onseker hoe lank die beskuldigdes in kwarantyn sal wees en maak hulle staat op die raad van mediese personeel om te bepaal wanneer dit weer veilig is vir die beskuldigdes om hofverrigtinge by te woon.

“Dit is net ’n voorsorgmaatreël in ’n poging om die situasie te beheer,” het hy aan Republikein gesê.

Hamunyela sê sowat tien gevangenes is verlede Donderdag met waterpokkies gediagnoseer. Die bron van die uitbreking is onbekend.

NESTOR, MAREE

Hoewel die hofrolle aan die einde van die jaar al hoe leër word met minder sake wat aangehoor word voor die hof in Desember in reses is, is daar wel twee prominente sake wat gister deur die uitbreking geraak is.

Dit sluit in die verhoor van ’n voormalige polisiebeampte, Ricardo Nestor, wat na bewering bedrog ter waarde van N$10 miljoen gepleeg het. Hy staan tereg op 10 aanklagte van bedrog, alternatiewelik diefstal, geldwassery en vervalsing.

Die ander beskuldigde wat nie gister sy hofverrigtinge kon bywoon nie, is Johann Maree.

Maree staan tereg op 75 klagte met betrekking tot die seksuele misbruik en verkragting van talle minderjarige seuns in Windhoek, asook die vervaardiging en verspreiding van pornografiese beeldmateriaal op die donker web.

Hy is reeds in April 2020 in hegtenis geneem.

’n Verhoordatum is wel gister vasgestel en die verhoor sal op 5 Februarie 2024 begin – byna vier jaar ná sy inhegtenisname.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!