Watertekort in Okahandja se nedersettings raak kritiek

Aurelia Afrikaner
Inwoners van sekere informele nedersettings op Okahandja sit die afgelope twee tot drie weke sonder water, wat aansienlike benoudheid en swaarkry in die gemeenskap veroorsaak.

Die voortslepende watertekort in hierdie gebiede noop inwoners om lang afstande na ’n gemeenskaplike kraan naby die Samaritan Network te stap waar hulle tot sewe ure in lang rye vir water moet wag. Die informele nedersettings sluit Saamstaan, Vergenoeg, Promise Land en Ekunde in.

’n Inwoner van Saamstaan, wat verkies om anoniem te bly, het sy frustrasies oor die situasie uitgespreek en dit as “hoogs onaanvaarbaar” beskryf.

Nog ’n inwoner het sy ontevredenheid uitgespreek en die pogings van die owerhede bevraagteken.

“Ek weet rêrig nie wat hulle doen nie. Werk hulle of nie? Of ry hulle net rond?”

Die gebrek aan water uit gemeenskaplike krane het die daaglikse stryd van die inwoners vererger aangesien talle inwoners op die bronne staatmaak vir hul basiese behoeftes. Die situasie weerspieël die groter kwessie van waterskaarste in Namibië, wat ’n voortdurende uitdaging vir baie gemeenskappe inhou.

Die uitvoerende hoof van die Okahandja-munisipaliteit, Alphons Tjitombo, het belowe dat die saak so gou as moontlik getakel sal word.

’n Pyp het gebars en die informele nedersettings is die meeste geraak weens die gebruik van batterye (preliminary batteries) wat nie hou nie. ’n Bestelling is egter voor die voorval geplaas, maar die plaaslike verskaffer, Aqua Services, het nie in voorraad gehad nie – vandaar die vertraging.

“Ons sal môre aandag gee aan die saak omdat ons watertoevoerbatterye ontvang het wat voldoende is om inwoners van die verskillende informele nedersettings te help,” het Tjimboto verduidelik.

Plaaslike owerhede het nog nie aan inwoners ’n duidelike langtermynoplossing vir die waterkrisis verskaf nie, wat inwoners toenemend gefrustreerd en desperaat laat.

Terwyl die droogte voortduur, doen die geaffekteerde gemeenskappe ’n beroep op dringende ingryping om hul toegang tot hierdie noodsaaklike hulpbron te herstel.

Die langdurige watertekort belemmer nie net inwoners se daaglikse lewens nie, maar hou ook ernstige gesondheidsrisiko’s in wat die behoefte aan ’n volhoubare en betroubare oplossing vir watervoorsiening aan Okahandja se informele nedersettings verder beklemtoon.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!