Wyle Mandela Kapere. Foto verskaf
Wyle Mandela Kapere. Foto verskaf

Weduwee eis N$2 miljoen van Jeugraad

Nikanor Nangolo
Die weduwee van die voormalige uitvoerende voorsitter van die Nasionale Jeugraad (NYC) en Swapo-parlementslid Mandela Kapere dagvaar die NYC vir N$2 miljoen oor 'n beweerde onbetaalde salaris.

Stela Asta Tomas-Kapere voer aan dat haar man wat laat in 2020 dood is aan Covid-19, is steeds salarisse verskuldig vir die diens aan die NYC waar hy van 2010 tot met sy uittrede in 2019 as uitvoerende voorsitter gedien het.

Volgens haar het die NYC en sy verteenwoordigers versuim om verskeie verpligtinge na te kom om agterstallige betalings te maak, nadat haar man in 2019 uit die diens van die NYC getree het.

Die bedrag van N$2 miljoen sluit in ’n betaling van N$1,2 miljoen en 20% rente per jaar vanaf November 2019. Die rente beloop N$760 979.

Tomas-Kapere vra die hof om die NYC en/of sy raad te beveel om die verskuldigde bedrag ten volle te betaal. Sy eis ook dat die adjunkbalju toegang tot die NYC se bankrekeninge gegee moet word om die fondse te kry indien die NYC nie die bedrag binne 15 dae kan betaal nie.

Luidens hofstukke is Kapere oorspronklik ’n groter vergoedingspakket aangebied toe hy as die uitvoerende voorsitter aangestel is. Weens finansiële beperkings het die NYC die implimentering hiervan uitgestel en hulself glo daartoe verbind om die verskil later terug te betaal.

"Ten spyte daarvan dat hulle onderneem het om hom so gou as moontlik terug te betaal wanneer die geld beskikbaar is, het die NYC en die voorsitter van sy raad versuim om die belofte na te kom," lui die hofstukke.

Sy beweer die NYC was, in lyn met die arbeidswet, verplig om die agterstallige bedrag te betaal toe Kapere in Oktober 2019 bedank het, maar die betaling is glo nooit gemaak nie.

Ná haar man se dood beweer Tomas-Kapere het die NYC voortdurend versoeke vir die betalings uitgestel of eenvoudig geïgnoreer. In Desember verlede jaar het die minister van sport, jeug en nasionale diens se uitvoerende direkteur Mbumba Haitengela, ’n formele opdrag gegee dat die NYC die bedrag moet betaal.

"In die lig hiervan is die NYC nie in lyn met sy verpligtinge volgens die wet op die nasionale jeugdiens nie en wat die ooreenkoms tussen die partye verbreek," lui die hofdokummente.

"In ’n poging om die kwessie vriendskaplik op te los, het Tomas-Kapere met die NYC in verbinding getree vir 'n skikking van verskuldigde bedrag. Ten spyte van verskeie opdragte deur die voorsitter van die raad, het die NYC versuim en geweier om die betalings te maak." Tomas-Kapere sê ook dat die finansiële vertraging voorkom dat haar man se boedel afgehandel kan word. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 24° Rundu: 20° | 24° Eenhana: 19° | 26° Oshakati: 20° | 25° Ruacana: 17° | 24° Tsumeb: 19° | 22° Otjiwarongo: 17° | 21° Omaruru: 19° | 22° Windhoek: 18° | 27° Gobabis: 19° | 24° Henties Bay: 19° | 23° Wind speed: 24km/h, Wind direction: W, Low tide: 10:12, High tide: 04:14, Low Tide: 22:17, High tide: 16:25 Swakopmund: 18° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: NW, Low tide: 10:10, High tide: 04:12, Low Tide: 22:15, High tide: 16:23 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 23km/h, Wind direction: NW, Low tide: 10:10, High tide: 04:11, Low Tide: 22:15, High tide: 16:22 Rehoboth: 21° | 29° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 27° | 36° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 26° | 39° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 19° | 28° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 15° | 30° Antananarivo: 18° | 25° Lilongwe: 18° | 28° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 18° | 27° Cape Town: 17° | 22° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 17° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 26° Harare: 17° | 26° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.25 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.48 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 134.9 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 50.59 | USD to KES 129.22 | USD to NGN 1498.78 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.98 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 87942.18 Up +0.43% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1783.87 Up +0.42% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16393.13 Up +0.74% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29661.99 Up +0.33% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10080.51 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 917.85/OZ UP +0.41% | Copper US$ 4.69/lb UP +0.23% | Zinc US$ 2 867.30/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 74.60/BBP DOWN -0.0098 | Platinum US$ 1 045.57/OZ UP +0.81% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 24° Rundu: 20° | 24° Eenhana: 19° | 26° Oshakati: 20° | 25° Ruacana: 17° | 24° Tsumeb: 19° | 22° Otjiwarongo: 17° | 21° Omaruru: 19° | 22° Windhoek: 18° | 27° Gobabis: 19° | 24° Henties Bay: 19° | 23° Wind speed: 24km/h, Wind direction: W, Low tide: 10:12, High tide: 04:14, Low Tide: 22:17, High tide: 16:25 Swakopmund: 18° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: NW, Low tide: 10:10, High tide: 04:12, Low Tide: 22:15, High tide: 16:23 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 23km/h, Wind direction: NW, Low tide: 10:10, High tide: 04:11, Low Tide: 22:15, High tide: 16:22 Rehoboth: 21° | 29° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 27° | 36° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 26° | 39° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 19° | 28° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 15° | 30° Antananarivo: 18° | 25° Lilongwe: 18° | 28° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 18° | 27° Cape Town: 17° | 22° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 17° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 26° Harare: 17° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.25 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.48 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 134.9 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 50.59 | USD to KES 129.22 | USD to NGN 1498.78 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.98 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 87942.18 Up +0.43% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1783.87 Up +0.42% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16393.13 Up +0.74% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29661.99 Up +0.33% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10080.51 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 917.85/OZ UP +0.41% | Copper US$ 4.69/lb UP +0.23% | Zinc US$ 2 867.30/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 74.60/BBP DOWN -0.0098 | Platinum US$ 1 045.57/OZ UP +0.81%