Wêreldrugby se geld glo vas by Petrichor

Kristien Kruger
Die Namibiese Rugby-unie (NRU) kan na bewering nie toegang kry tot geld van Wêreldrugby nie weens plaaslike verwikkelinge en ’n beweerde bedrogondersoek wat glo die uitbetaling kniehalter.

Dit het onlangs aan die lig gekom dat Wêreldrugby voor die Wêreldrugbybeker in 2023 in Frankryk ’n groot bedrag geld by Petrichor Capital inbetaal het om selfversekering uit te neem.

Dit was bedoel om mediese koste te dek van spelers wat tydens die toernooi beserings sou opdoen. Twee eise is glo uit dié versekering uitbetaal.

Die oorblywende geld moes glo ná die Wêreldbekertoernooi aan die NRU uitbetaal word om vir verdere ontwikkeling te gebruik.

In Maart vanjaar is ’n makelaar van Petrichor, Michael Bronkhorst, egter van bedrieglike bedrywighede beskuldig en ’n sekwestrasiebevel is teen Bronkhorst verkry om sowat N$103 miljoen te verhaal.

Volgens ’n ingeligte bron wat verkies om anoniem te bly, weier Petrichor nou om die geld aan die NRU uit te betaal. Lede van die NRU het aan Republikein bevestig dat hulle nog nie die geld ontvang het nie. Hulle kon egter nie betyds amptelik op navrae reageer nie weens ander verpligtinge.

PETRICHOR ‘’N SLAGOFFER’

Die direkteur van Petrichor, Heinrich Jansen van Vuuren, het gister aan Republikein verduidelik dat Petrichor die slagoffer is van ʼn doelbewuste aanslag in terme waarvan die maatskappy deur ʼn web van bedrog, vervalsings en gesofistikeerde identiteitsdiefstal, besteel is.

Hy beweer dat die persoon wat in die middel van hierdie aanslag staan (hy noem nie die persoon op sy naam nie) is onmiddellik deur die hof gesekwestreer.

Volgens hom is daar tans ook statutêre ondersoeke en vervolgings van die persoon se insolvente boedel onderweg om die omvang en modus operandi van die persoon se aanslag te bepaal.

STRAFREGTELIKE ONDERSOEK

Volgens bronne het Wêreldrugby ’n strafsaak teen Petrichor aanhangig gemaak.

Hoewel ’n saaknommer aan Republikein verskaf is, het woordvoerders van die Namibiese polisie nie teen druktyd op navrae reageer nie.

Hoewel daar gerugte is van nog ’n strafsaak teen Bronkhorst, is hy nog nie in hegtenis geneem nie.

Jansen van Vuuren het aan Republikein erken hy is bewus daarvan dat die Namibiese polisie besig is met ʼn indiepte-ondersoek na die gebeure rondom die beweerde bedrog.

“Ek persoonlik, en in my posisie as direkteur, was geensins betrokke by enige kriminele of selfs onbehoorlike optrede nie en is ʼn slagoffer van die uiters gesofistikeerde en onderduimse aanslag op Petrichor se geld,” het Jansen van Vuuren gesê.

‘KAN NIE ERKEN OF ONTKEN’

Jansen van Vuuren meen dat hy in die lig van die komplekse aard van die bedrog wat teen Petrichor en sekere ander derde partye gepleeg is, en die ondersoeke wat tans onderweg is, nie bereid is om enige inbetalings of uitbetalings deur Petrichor te erken of te ontken nie.

Hy is ook nie bereid om enige bedrae in die openbaar bekend te maak nie.

“Dit sou uiters onverantwoordelik van my wees en ek weerhou myself derhalwe van enige opinie in dié verband.

“Ek vertrou dat die ondersoeke wat onderweg is die nodige lig sal werp op die bedrywighede van die persoon of persone wat in die middel van die aanslag staan en dat geregtigheid sal geskied soos wdie feite van die saak beskikbaar word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 10° | 28° Rundu: 9° | 28° Eenhana: 11° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 25° Otjiwarongo: 9° | 24° Omaruru: 10° | 26° Windhoek: 7° | 21° Gobabis: 10° | 22° Henties Bay: 15° | 23° Wind speed: 16km/h, Wind direction: NW, Low tide: 02:11, High tide: 08:23, Low Tide: 14:17, High tide: 20:55 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:21, Low Tide: 14:15, High tide: 20:53 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:20, Low Tide: 14:15, High tide: 20:52 Rehoboth: 9° | 23° Mariental: 11° | 25° Keetmanshoop: 14° | 25° Aranos: 10° | 25° Lüderitz: 16° | 24° Ariamsvlei: 13° | 26° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 9° | 21° Lubumbashi: 9° | 26° Mbabane: 9° | 21° Maseru: 5° | 15° Antananarivo: 5° | 19° Lilongwe: 12° | 24° Maputo: 16° | 26° Windhoek: 7° | 21° Cape Town: 16° | 20° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 9° | 17° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 11° | 24° Harare: 9° | 21° Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.51 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.24 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.28 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1512.73 | USD to ZAR 18.24 | USD to ZMW 24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1764.53 Down -0.97% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13318.19 Down -0.28% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27766.27 Up +0.97% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 324.61/OZ DOWN -0.0014 | Copper US$ 4.40/lb UP +1.31% | Zinc US$ 2 956.50/T UP 0.51% | Brent Crude Oil US$ 85.66/BBP DOWN -0.0062 | Platinum US$ 999.43/OZ UP +0.86% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 10° | 28° Rundu: 9° | 28° Eenhana: 11° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 25° Otjiwarongo: 9° | 24° Omaruru: 10° | 26° Windhoek: 7° | 21° Gobabis: 10° | 22° Henties Bay: 15° | 23° Wind speed: 16km/h, Wind direction: NW, Low tide: 02:11, High tide: 08:23, Low Tide: 14:17, High tide: 20:55 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:21, Low Tide: 14:15, High tide: 20:53 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:20, Low Tide: 14:15, High tide: 20:52 Rehoboth: 9° | 23° Mariental: 11° | 25° Keetmanshoop: 14° | 25° Aranos: 10° | 25° Lüderitz: 16° | 24° Ariamsvlei: 13° | 26° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 9° | 21° Lubumbashi: 9° | 26° Mbabane: 9° | 21° Maseru: 5° | 15° Antananarivo: 5° | 19° Lilongwe: 12° | 24° Maputo: 16° | 26° Windhoek: 7° | 21° Cape Town: 16° | 20° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 9° | 17° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 11° | 24° Harare: 9° | 21° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.51 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.24 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.28 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1512.73 | USD to ZAR 18.24 | USD to ZMW 24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1764.53 Down -0.97% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13318.19 Down -0.28% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27766.27 Up +0.97% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 324.61/OZ DOWN -0.0014 | Copper US$ 4.40/lb UP +1.31% | Zinc US$ 2 956.50/T UP 0.51% | Brent Crude Oil US$ 85.66/BBP DOWN -0.0062 | Platinum US$ 999.43/OZ UP +0.86%