Die Windhoek-stadsraadslid mnr. Jurgen Hecht, adjunkburgemeester Joseph Uapingene, burgemeester me. Sade Gawanas en raadslid Samuel Angolo van die Khomasdal-kiesafdeling, tydens die sooispitseremonie. Foto COW
Die Windhoek-stadsraadslid mnr. Jurgen Hecht, adjunkburgemeester Joseph Uapingene, burgemeester me. Sade Gawanas en raadslid Samuel Angolo van die Khomasdal-kiesafdeling, tydens die sooispitseremonie. Foto COW

Windhoek bou huise

Augetto Graig
Augetto Graig

Die konstruksie van agt huise in Khomasdal in die hoofstad het Dinsdag amptelik met ’n sooispitseremonie afgeskop.

Dit is die eerste van 1 200 huise wat die Windhoekse munisipaliteit deur sy bekostigbare behuisingsprogram oor die volgende vier jaar wil bou.

Die grond waarop die agt huise gebou word, is op die hoek van Florence Nightingale- en Visarendstraat.

Volgens die munisipaliteit sal ’n huis op ’n 312 vierkante meter erf N$850 000 kos, en N$1,2 miljoen vir ’n huis op 1 022 vierkante meter.

Huise sal aan eerstekeer-kopers op die stadsraad se waglys toegeken word.

Die burgemeester van Windhoek, me. Sade Gawanas, het by die openingseremonie gesê die munisipaliteit verwag om oor die volgende vier jaar N$868 miljoen aan die stadsraad se behuisingskema te bestee, en om daardeur 15 000 werksgeleenthede te skep.

Dié skema sluit ook die opgradering van informele behuising in Windhoek se nedersettings in, en is gemik op inwoners wat minder as N$3 500 per maand verdien, met titelakte of huurkontrak of ’n sertifikaat van besetting vir verblyf binne gebiede sonder dienste.

Die behuisingsprogram – wat deel vorm van die skema – is gemik op inwoners wat maandeliks tussen N$3 500 en N$25 000 verdien, in gebiede bly waar dienste verskaf word, en voorsien huise van tussen N$300 000 en N$650 000, uitsluitend die koste van die betrokke erwe.

Munisipale werknemers sal ook by Windhoek se werkgewer-werknemer-behuisingsprogram baat, nadat dié deel van die skema in werking tree.

Die stadsraad beoog ook ’n huur-om-te-koop-program vir inwoners wat nie aanvanklik vir ’n huislening kwalifiseer nie.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!