Windhoek se rekeninge steeds onder vergrootglas
Lê beëdigde verklarings af, sê aktivis
Die Mededingingskommissie het inwoners vir hul munisipale rekeninge gevra.
Die Namibiese Mededingingskommissie (NaCC) wil met die Windhoek-munisipaliteit vergader in reaksie op klagtes wat van inwoners ontvang is weens teenstrydighede op hul munisipale rekeninge.
Die waarnemende uitvoerende hoof en sekretaris van die kommissie, Johannes Ashipala, het aan die gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb van die Katutura-inwonerskomitee (KRC), geskryf en versoek dat minstens 10 fakture teen vandag verskaf moet word.
Die kwitansies moet klagtes van Katutura-inwoners weerspieël. Bewyse word spesifiek aangevra in gevalle waar mense aan die skuldinvorderaar RedForce oorhandig is. Die kommissie bied anonimiteit.
NaCC se woordvoerder, Dina //Gowases, het uitgebrei dat die kommissie die moontlikheid van misbruik van gesag deur plaaslike owerhede ondersoek in die toekenning van derdeparty-kontrakte om skuld in te vorder.
Volgens //Gowases werk die munisipaliteit goed saam met die kommissie.
“Dit is nodig dat die fisieke rekeninge gesien word om te bepaal of inwoners nie ekstra vir skuldinvordering hoef te betaal nie, in teenstelling met net die bedrag wat hulle skuld.
Gariseb het Woensdag dié boodskap deur sosiale media begin versprei en moedig inwoners van Khomasdal aan om Lance Willemse te nader, Otjomuise-inwoners vir Rita Skrywer en Katutura-Sentraal se mense vir Jacky Cloete.
In Goreangab is die Twahangane-groep se leierskap as kontakpunt genoem, terwyl Hakahana-inwoners, volgens Gariseb, vir Albertina Shiwedha in Habitat 2 kan kontak.
In Soweto is Patrick Dora die komiteeleier, terwyl Senior Muhongi verantwoordelik is vir die enkelkwartiere en die Marula-omgewing.
“Wanaheda en Greenwell moet ons komiteeleiers in daardie gebiede kontak,” sê Gariseb.
Hy sê verder "die kommissie wil tien rekeninge hê, kom ons gee hulle 100 om te wys hoe ernstig die situasie is”.
Die munisipale rekeninge kan ook na [email protected] gestuur word.
“Ons weet almal dat die bedrieglike rekeningstelsel en bedrieglike formule wat gebruik word om water te skat, die oorsaak van al hierdie chaos is,” sê hy.
Hy moedig ook ontevrede inwoners aan om beëdigde verklarings by die Namibiese polisie (Nampol) af te lê met die saaknommer CR 417/07/2024. Hy het onlangs aanklagte van diefstal, bedrog en korrupsie weens die munisipaliteit se rekeningkundige praktyke by die Windhoek-polisiekantoor aanhangig gemaak.
By navraag het die hoofwoordvoerder van Nampol, adj.komm. Kauna Shikwambi, bevestig dat daar wel ’n saak aanhangig gemaak is, met Gariseb as hoofklaer en ander as getuies.
“Alle sake wat by die polisie aangemeld word, geniet aandag en elke saak word op grond van sy meriete hanteer en of ondersoek.
“Die ondersoek is aan die gang en sou daar ’n behoefte aan openbare hulp ontstaan, sal dit deur die media aangekondig word,” voeg sy by.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie