63 drunk drivers arrested over two days
63 drunk drivers arrested over two days

63 vas oor twee dae vir dronkbestuur

Stadspolisie- en NDF-lede ook in boeie geslaan
Volgens 'n bron is dit die meeste dronkbestuurders wat in so 'n kort tydperk in hegtenis geneem is.
Kristien Kruger
Elizabeth Joseph – Altesaam 63 bestuurders is op 3 en 4 Februarie (Vrydag en Saterdag) in die hoofstad tydens ’n polisie-operasie in boeie geslaan vir dronkbestuur.

Dit volgens statistiek wat die Namibiese polisie (Nampol) se verkeersdepartement bekendgemaak het.

Twee van die 63 bestuurders is lede van die Windhoekse stadspolisie en twee is lede van die Namibiese weermag (NDF).

Volgens ’n bron is dit die meeste dronkbestuurders wat nog in so ’n kort tydperk vasgetrek is.

In ’n foto wat deur die verkeersdepartement gedeel is, het een van die vermeende dronkbestuurders se asemtoets ’n lesing van 2,61 mg/ml getoon. Die wetlike perk is 0,037 mg/ml.

Die polisie het ook twee mense in hegtenis geneem omdat hulle geweier het om ’n asemmonster op versoek te gee en twee mense is vasgetrek vir die bestuur van voertuie met vals lisensieskyfies.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!