Amushelelo
Amushelelo

Amushelelo in boeie

Augetto Graig
Die ekonomiese kommissaris van die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF), mnr. Michael Amushelelo, is vanoggend in hegtenis geneem.

Die bevelvoerder van die Namibiese polisie (Nampol) in die Khomasstreek, komm. Ismael Basson, het vanoggend bevestig dat die politieke aktivis in boeie geslaan is.

Dit volg op sosialemedia-inskrywings laasnag waarin Amushelelo gesê het hy sal homself vroeg vanoggend by die polisie oorgee.

Die polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het gisteraand gesê ’n lasbrief is vir Amushelelo se inhegtenisname uitgereik.

Die voormalige buitelandse valutahandelaar het gister China Town se besighede in die hoofstad laat toemaak en mense opgestook nadat die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRA) vroeër die week miljoene dollar se onwettige invoere van nagemaakte goedere verbrand het.

Amushelelo het in dié bedrywige inkoopsentrums nagemaakte produkte uitgewys, en gedreig dat die NEFF die goedere sou verbrand, en besighede dwing om hul deure te sluit.

Hy is die afgelope tyd redelik bedrywig en het arbeidskwessies by verskeie Chinese besighede landswyd uitgelig, insluitend by Cheetah Cement wat sedertdien weens veiligheidsredes gesluit is en China Henan International Cooperation (CHICO) se Asab-padbouprojek, waar ’n onwettige staking tans voortduur.

Die NEFF het beplan om vandag weer China Town te ontwrig. Foto NEFF

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!