Prison chiefs say Amushelelo 'isolated' for own safety
Prison chiefs say Amushelelo 'isolated' for own safety

Amushelelo ‘vir sy veiligheid’ in tronk geïsoleer

In 'n enkelsel geplaas
Die tronkhoof het gesê Michael Amushelelo is in dieselfde sel geplaas waar hy voorheen aangehou is.
Yandi Du Plessis
Elizabeth Joseph – Michael Amushelelo van die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF) se vrou, Julietta, het gister in ’n sosialemediaplasing gesê hy word in alleenopsluiting by die Windhoek Sentrale Gevangenis (WCF) aangehou.

Amushelelo, wat op Onafhanklikheidsdag in hegtenis geneem is vir ’n onwettige betoging, is van die polisie se aanhoudingselle na die WCF geskuif nadat sy hofsaak tot 25 Augustus uitgestel is.

Die tronkhoof, adj.komm. Veikko Armas, het egter gister gesê Amushelelo is nie in alleenopsluiting nie, maar word eerder ’vir sy eie veiligheid” in ’n enkelsel aangehou.

“Die gevangene [Amushelelo] word nie in alleenopsluiting aangehou nie. Dit is net ’n term wat in Windhoek se korrektiewe fasiliteit gebruik word. Hy word nie gestraf nie,” het hy gesê.

Armas het verder gesê Amushelelo is in dieselfde sel geplaas waar hy voorheen aangehou is en dit is vir sy eie veiligheid, aangesien hy ’n “hoëprofielgevangene” is.

Die tronkhoof het gesê bewerings dat Amushelelo in ’n aparte sel aangehou word omdat hy ’n negatiewe politieke invloed op ander gevangenes het, is onwaar.

“As iets vandag met Amushelelo gebeur, wil ons nie verantwoordbaar gehou word nie, het hy bygevoeg.

Die kommissaris-generaal van die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS), Raphael Hamunyela, het oor die kwessie gesê gevangenes word dikwels om verskeie redes apart van ander gevangenes aangehou.

“Dit sluit sekuriteit, mediese en maatskaplike redes in. Sommige gevangenes kan ’n gevaar vir ander gevangenes inhou.

“Die wet bepaal dat alleenopsluiting in ’n enkelsel as ’n strafmetode kan dien. Ons plaas hulle ook in isolasie as hulle ander gevangenes beïnvloed wat ’n veiligheidsrisiko vir ons sal inhou.

“As hulle met enige woede inkom, sal dit gedoen word sodat hulle afkoel. Ek kan nie raai hoekom Amushelelo van ander gevangenes geskei is nie,” het hy telefonies aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!