Angolees vir moord aangekeer
Beskuldigde word borgtog geweier
Die saak is tot 2 Oktober vanjaar uitgestel.
Enzo Amuele – ’n Sewentienjarige Angolese burger is gister borgtog in die landdroshof op Ondangwa geweier nadat hy vroeër vandeesweek vir moord gearresteer is.
Hy is by Omeyantalala in die Oshikotostreek in hegtenis geneem nadat hy glo erken het dat hy verlede week ’n mede-Angolese burger vermoor het en sy oorskot in ’n vlak graf by hul opstal begrawe het.
Na bewering het die beskuldigde, wie se naam weerhou word weens die feit dat hy minderjarig is, verlede week Dinsdag vir Tchilondilo Walumbula (24) drie keer met ’n skoffelhandvatsel aan die linkerkant van sy gesig geslaan. Hy is op die toneel dood.
Die beskuldigde het na bewering toe Walumbula se lyk in ’n bruin kombers toegedraai en begrawe in ’n gat wat hy gegrawe het.
Hy het aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê hy het die moord gepleeg omdat Walumbula hom wou verkla vir rokery. Dit nadat hul werkgewer hulle gewaarsku het om hulle van sulke aktiwiteite te weerhou.
VERMIS
Volgens Ndinelao Shiweda, een van die bure wat op die toneel met Namibian Sun gepraat het, het hulle opgemerk dat Walumbula vermis geraak het en toe die beskuldigde oor sy afwesigheid uitgevra, wat vir hulle gesê het die oorledene is Windhoek toe omdat hy ’n nuwe werk gekry het.
“Ons kon nie glo dat hy Windhoek toe is sonder om ons te vertel nie. Ons het aanhou uitvra totdat die beskuldigde ons vertel het dat hy Walumbula vermoor het,” het sy gesê.
Tobias Petrus, vir wie die Angolese burgers gewerk het, het die oorledene as hardwerkend en toegewyd beskryf.
“Ek ken [Walumbula] sedert 2015. Hy sou Angola toe gaan en elke vakansie terugkom.”
Petrus het bygevoeg die nuus het hom geskok en hy voel sleg, aangesien hy beplan het om die beskuldigde af te dank.
“Die beskuldigde het my vee gesteel, en ek was van plan om hom te kom afdank,” het hy gesê.
SLEGTE BEELD
Ananias Hainane, die hoofman op die dorp, het gesê dit is die tweede voorval binne weke wat gemeenskapslede in skok gelaat het.
In die eerste het ’n man na bewering ’n ou vrou wat alleen woon, verkrag.
“Mense wat misdade van hierdie aard pleeg, moet uit die gemeenskap verwyder word. Dit gee ons dorpie ’n slegte beeld,” het hy gesê.
Die beskuldigde se saak is tot 2 Oktober uitgestel vir verdere polisieondersoeke en sodat hy tyd kan hê om om staatsregshulp aansoek te doen.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie