polisie1
polisie1

Babalykie in vullisdrom gevind

Tanja Bause
Die liggaam van ’n vier tot vyf maande oue baba is Vrydag in die informele nedersetting Tulinawa in Modesa gevind, luidens die Namibiese polisie se misdaadverslag vir die afgelope naweek.

’n Man wat op soek was na skootmetaal het haar liggaam omstreeks 12:00 in ’n vullishouer gevind. Sy was glo in ’n plastieksak toegedraai en reeds is ’n stadium van ontbinding met haar kop wat vermink was. Haar liggaam is na die lykshuis in Swakopmund geneem. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

* Saltiel Shinoxingi (34) is Vrydag omstreeks 00:40 dood nadat iemand hom na bewering deur die gesig geklap en hy neergeval het. Die 34-jarige verdagte het hom glo met die plat hand geklap. Shinoxingi het glo neergeval, opgestaan en buite gaan sit waar hy inmekaar gesak en gevolglik dood is. Hulle het na bewering nie baklei nie en geen voorwerpe is in die voorval gebruik nie. Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie, aangesien die nadoodse ondersoek nog voltooi moet nie. Die voorval het in die informele nedersetting Adolf op Ongwediva plaasgevind.

* ’n Peuter van een jaar en 11 maande is Vrydag omstreeks 15:00 dood nadat ’n voertuig haar glo in die informele nedersetting Oshiwana Penduka op Mariental gestamp het. Die 71-jarige bestuurder verskyn vandag in die hof.

* ’n Zambiese vrou (27) is Saterdag omstreeks 14:50 op die B8-pad sowat 65 kilometer vanaf Katima Mulilo dood nadat die agterste band van die voertuig – ’n Toyota Wish – waarin sy ’n passasier was, gebars en die voertuig omgeslaan het. Altesaam 10 mense, insluitend die bestuurder en hulle bagasie, was in die sewesitplekvoertuig. Die beseerdes is na die Katima Mulilo-staatshospitaal vir behandeling geneem.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!