Dit ‘gaan goed’ met weggooibaba
Verbyganger ontdek pasgeborene
Die dag oue baba is Sondagoggend by 'n ou kliniekgebou gevind.
Tuyeimo Haidula - Die polisie in die Ohangwenastreek het gesê dit gaan goed met ’n pasgebore babaseuntjie wat naby ’n kerk agtergelaat is en sê hy is nou onder die sorg van verpleegsters by die Engela-hospitaal.
Die polisiewoordvoerder in die streek, sersant Andrew Nghiyolwa, het gesê die baba is Sondag by ’n ou kliniekgebou naby die Onamahoka Elcin-kerk gevind.
Die dag oue baba is die oggend deur ’n verbyganger ontdek wat op pad kerk toe was en die baba hoor huil het.
Hy het bygevoeg dat ’n ondersoek na die saak geopen is.
“Daar word beweer dat ’n lid van die gemeenskap op pad kerk toe was en by die ou kliniekgebou verby geloop het om haar voete skoon te maak,” het Nghiyolwa gesê.
Die vrou het toe ’n gehuil uit ’n hoek van die kliniekgebou se stoep gehoor, en dis toe dat sy die pasgebore baba, toegedraai in ’n swart baadjie, glo ontdek het.
Sy het die polisie in kennis gestel, wat nou die publiek se hulp versoek om die baba se ma, pa of familie op te spoor.
Nghiyolwa het gesê daar was geen voetspore op die toneel nie omdat dit die vorige nag in die gebied gereën het en enige leidrade dalk weggespoel het.
Polisieondersoeke na die saak duur voort.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie