Drie verdrinkings dié naweek
Drie verdrinkings is Vrydag aangemeld volgens die polisie se misdaadverslag.
*Me. Ndapanda Inamutuhala, ‘n 63-jarige pensioenaris van Ombathi in die Omusatistreek, het glo omstreeks 07:50 in ‘n waterkanaal verdrink.
*Twee susters van onderskeidelik 13 en 14 jaar oud het ook glo omstreeks 15:00 dié middag by Okakumangua in die Etanga-gebied van die Kunenestreek in ’n dam verdrink. Die 13-jarige het na bewering ingespring, maar kon nie swem nie, waarna haar suster ingespring het om haar te probeer red.
Die polisie ondersoek al drie verdrinkings.
BANKBEDROG
’n Onbekende verdagte het na bewering Vrydag omstreeks 12:05 die Bank Windhoek-selfoontoepassing (toep) gebruik om N$2 270 sonder toestemming uit twee individue se rekeninge te onttrek. Die voorval het in Rundu plaasgevind. Die verdagte is nog nie geïdentifiseer nie en die geld is nog nie teruggevind nie.
*Nog ’n persoon is Vrydag omstreeks 12:30 van N$4 890 besteel nadat ’n onbekende verdagte gebel het en hom/haarself as ’n verteenwoordiger van Bank Windhoek voorgedoen het om besonderhede te verkry wat toegang tot die slagoffer se Bank Windhoek-toep sou verseker. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie en die geld is nog nie teruggevind nie.
Beide voorvalle word deur die polisie ondersoek.
BESKADIGING VAN EIENDOM
Onbekende verdagtes het Vrydag omstreeks 11:20 eiendomskade van N$330 000 by TransNamib se perseel in Walvisbaai aangerig toe hulle drie tenkwaens se vakuumpype oopgesny het, waarna die trein nie kon beweeg nie. Niemand is al in dié verband in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie