Elf renosters dié maand in Etosha gestroop
Karkasse tydens roetine polisie-operasie ontdek
Die karkasse is in verskillende dele van die Etosha Nasionale Park ontdek, en al die renosters se horings is verwyder.
Dit is die hoogste aantal renosters wat binne ‘n maand gestroop is sedert stropery in 2014-‘15 toegeneem het en teenstropingseenhede in die Etosha Nasionale Park geïmplementeer is.
Dit was mnr. Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, se woorde nadat die karkasse van 11 gestroopte swartrenosters sedert die begin van Juliemaand in die park ontdek is.
Muyunda het gister aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê die karkasse is tydens ‘n roetine polisie-operasie in die nasionale park gevind en dat al die renosters se horings verwyder is.
Die karkasse is in verskillende dele van die park ontdek, en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie, het hy gesê, en bygevoeg dat ondersoeke aan die gang is.
Volgens Muyunda is die renosters al drie weke of langer dood.
“Dit is betreurenswaardig en ‘n sterk aanduiding dat die stryd teen stropery nog nie verby is nie.”
MOEILIK BEREIKBAAR
Die ministerie sal met die polisie, die Namibiese weermag (NDF) en ander belanghebbendes hande vat om ingrypings vir wildbeskerming en wetstoepassing te verskerp, het Muyunda gesê. Dit sluit patrollies, sekuriteit en intelligensie-insameling in Etosha in.
“Daar is patrollies in die park; maar Etosha is egter groot en sommige plekke is moeilik om te voet te bereik. Hierdie ontdekking [11 renosterkarkasse] is uit die lug gemaak.”
Lede van die publiek wat enige inligting rakende die stropery van dié renosters of enige ander vorm van wildmisdaad het, word versoek om die polisie of amptenare van die ministerie te kontak.
Altesaam 22 renosters is tot dusver vanjaar gestroop, in vergelyking met die 43 renosters in 2021, 40 in 2020, 56 in 2019 en ‘n rekordgetal van 97 in 2015.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie