GBV, verkragtings neem toe in Oshana
Vanjaar reeds 278 sake aangemeld
Die Oshanastreek se bevelvoerder moedig mans aan om voorvalle van geslagsgeweld te rapporteer.
Tuyeimo Haidula – Die polisie in die Oshanastreek het sedert Januarie tot Mei vanjaar sowat 278 voorvalle van verkragting en geslagsgebaseerde geweld (GBV) aangeteken.
Dié statistiek is tydens ’n gemeenskapsvergadering aangekondig wat die afgelope naweek op Okadoolopa plaasgevind het.
Die polisiebevelvoerder in die streek, Naftal Lungameni Sakaria, het gesê die doel van die vergadering is om vas te stel wat die uitdagings is wat inwoners in die gesig staar en te verstaan hoe die polisie kan help om die kwessies op te los.
Volgens hom het die polisie besluit om na die verskillende gemeenskappe uit te reik.
“Ons het verlede jaar by kerke begin en vir diegene wat nie kerk toe gaan nie, doen ons gemeenskapsbyeenkomste. Ons het tot dusver Uuvudhiya, Emono, Omavela, Oshoopala in Oshakati besoek en nou is ons hier op Okadoopola,” het Sakaria gesê.
25 MINDERJARIGES VERKRAG
Die hoof van die eenheid vir geslagsgebaseerde geweld, Kaarina Shiimi, het gesê uit die 278 sake wat aangemeld is, is 61 verkragtings en 217 voorvalle van geslagsgebaseerde geweld. Die verkragtingsake sluit in 36 volwassenes en 25 minderjariges.
Shiimi het gesê gedurende dieselfde tydperk verlede jaar het die streek ’n totaal van 258 voorvalle aangeteken.
GBV TEEN MANS
Sakaria het mans aangemoedig om GBV-sake aan te meld sodat hulle die hulp van wetstoepassers kan kry.
“Hou aan om sake aan te meld. Moenie in stilte ly nie. Dit is nie net vir vroue nie. Selfs mans, as jy deur jou vrou en vennote mishandel word, kom polisiekantoor toe,” het hy beklemtoon.
Hy het ook die skare verseker hoewel polisiebeamptes in die verlede daarvan beskuldig is dat hulle gelag het vir mans wat GBV-sake aanmeld, het hy gesê dit sal nie meer gebeur nie.
“Hulle lag nie meer nie. Ek het hulle gewaarsku. As jy uitgelag word, probeer om my nommer te kry en laat weet my. Mense kry swaar en ons kan dit nie langer duld of ligtelik opneem nie,” het hy gesê.
Sakaria het ook die skare oor die erns van verkragting ingelig en diegene wat alkohol as ’n verskoning gebruik om sulke misdade te pleeg, versoek om dit te staak. Hy het gesê die wet is aan niemand se kant wat ander skend en alkohol as verskoning gebruik nie.
“Jy sal gearresteer word. Sommige van julle drink en dan sê julle julle onthou nie van die verkragting nie. Die polisie sal geen genade toon nie. Beheer jou drinkery as jy moet.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie