Geen genade vir dragtige koeie
In draadstrikke met pangas doodgekap
Te midde van statistiek wat op hemelhoë veediefstalsyfers wys, vertel nog 'n boer uit die Kalkfeld-omgewing oor sy grusame vonds.
“Dit was ’n grusame gesig. Uiers vol melk, ’n ongebore kalfie en koeikoppe wat sleg en seer gekap is, waarskynlik met ’n panga om hulle dood te maak.
“Een van die koeie wat ontsnap het, het ’n lelike hou met ’n skerp voorwerp oor die kop gehad.”
Só vertel Ingo Jacobi, ’n boer uit die Kalkfeld-omgewing, wat die afgelope Saterdag drie koeie aan veediewe verloor het.
“Dit was duidelik die slagters was goed voorberei. Hulle het vooraf gemaakte draadstrikke naby die heining teen bome vasgemaak en my koeie daarin gejaag, sodat die koeie daarin verstrengel raak om doodgemaak en geslag te word,” het Jacobi aan Republikein vertel.
Hy sê sy werkers het Sondagoggend opgemerk dat twee van sy koeie, wat vroeg kraal toe gekom het om hul kalwers te laat drink, afgebreekte draadstrikke om hul nekke gehad het. Nog drie koeie het gekort.
“Ons het onmiddellik die sleepspoor van die gebreekte strikke gevolg. Ons het op ’n slagplek afgekom – teen die distrikspad wat deur my grond loop.
“Drie koeie se koppe en velle, hulle binnegoed, ongebore fetusse en pote het rondgelê. Die vleis was alles weg en ’n bakkie, wat die vleis moes opgelaai het, se spore op die pad was duidelik sigbaar, want dit het Saterdagaand stofnat by ons gereën,” het Jacobi vertel.
Hy sê buiten vir die dragtige koeie wat geslag is, het een van hulle ’n kalfie in die kraal wat nou wees gelaat is.
“Ons het onmiddellik Kalkfeld se polisie ontbied. Hulle was, op die Sondagoggend, binne ’n uur by my – hoflik, behulpsaam en goed. Of hulle egter iets sal kry, weet ek nie. Hulle gesindheid was egter vir my reg,” het Jacobi gesê.
STATISTIEK
Dit kom terwyl die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Joseph Shikongo, verlede maand gesê het binne ’n tydperk van 10 maande is vee ter waarde van meer as N$54,2 miljoen gesteel. Hiervan is N$26,9 miljoen se vee teruggevind.
Shikongo het die statistiek by ’n belanghebbersvergadering tussen die polisie en die Namibië Landbou-unie (NLU) en Namibiese Unie vir Opkomende Kommersiële Boere (Necfu) gedeel.
Hy het gesê tussen Mei 2021 en Mei 2022 is altesaam 2 403 sake van veediefstal aangemeld waarin 10 984 stuks vee gesteel is en altesaam N$68,7 miljoen verloor is. Hiervan is 4 647 stuks vee ter waarde van meer as N$14,8 miljoen teruggevind.
Tussen Junie 2022 en April vanjaar is 12 807 stuks vee gesteel en 4 285 is teruggevind. Die streke met die hoogste veediefstalsyfers was Otjozondjupa (465), Hardap (323) en Omaheke (304).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie