Suid Afrika se president mnr. Cyril Ramaphosa met Namibië se president mnr. Hage Geingob.
Foto argief
Suid Afrika se president mnr. Cyril Ramaphosa met Namibië se president mnr. Hage Geingob. Foto argief

Geingob immuun teen vervolging, sê NEFF

‘Meubelgeld’ bly ’n raaisel
Die ombudsman sê hy kan nie die saak ondersoek nie, aangesien dit buite sy kantoor se mandaat val.
Augetto Graig
Die adjunkpresident van die Namibia Economie Freedom Fighters (NEFF), mnr. Kalimbo Iipumbu, sê dit is nutteloos om die kwessie van president Hage Geingob se beweerde hulpverlening aan die president van Suid-Afrika, mnr. Cyril Ramaphosa, ná ’n rooftog op sy plaas, in die parlement te opper.

Hy sê Geingob is immuun teen vervolging.

“Wie sou vervolging in die parlement ondersteun as hulle almal hom ondersteun,” het hy gesê.

Iipumbu se woorde was skaars koud voor die Speaker, prof. Peter Katjavivi, die president van die PDM, mnr. McHenry Venaani, se vraag aan die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, dr. Albert Kawana, van die hand gewys het.

Venaani wou weet hoekom Namibiese polisiebeamptes die “meubelgeld”-saak – soos hy daarna verwys het – moet ondersoek, as geen saak by die polisie in Suid-Afrika aanhangig gemaak is nie.

Volgens Katjavivi bestaan daar geen dringendheid om die vraag te beantwoord nie.

NEFF het op 8 Junie die ombudsman, adv. Basilius Dyakugha, versoek om die saak te ondersoek.

Dyakugha het Dinsdag gesê sy kantoor hou eerder toesig oor die uitvoerende gesag (van die regering) se besluitneming en administratiewe aangeleenthede.

“Die voorkoming van misdaad en siviele immuniteit in die land is aan ander instellings opgedra,” sê hy.

“Ons moedig mense aan om eers die betrokke instansies met hul klagtes te nader en ’n oplossing te probeer vind. Slegs wanneer beskikbare interne prosedures en prosesse van die instelling uitgeput is, dan kan my kantoor genader word. Dit wanneer hulle steeds nie ’n bevredigende oplossing vir hul klagtes kan kry nie. Elke geval word op sy eie meriete hanteer,” het Dyakugha gesê.

Die beweerde ernstige skending van die president se ampseed, is ’n saak wat aan die parlement toevertrou moet nie en nie aan die kantoor van die ombudsman of enige ander regeringsinstansie nie, volgens hom.

Iipumbu het gesê die NEFF-leierskap sou gisternamiddag met hul regslui vergader om te bepaal hoe hulle ’n strafregtelike ondersoek van stapel kan stuur.

Volgens hom sal hulle die kwessies wat handel oor die skending van die Grondwet opnuut onder die ombudsman se aandag bring, asook die oortreding van Namibië se wetgewing weer by die polisie aanmeld.

Die kwessie spruit uit die rooftog op Ramaphosa se plaas Phala Phala in Limpopo in 2020, waarna Geingob na bewering sy Suid-Afrikaanse eweknie gehelp het om die diewe wat na Namibië gevlug het, op te spoor.

Die voormalige Suid-Afrikaanse spioenbaas, Arthur Fraser, wat op 1 Junie klagte in die buurtland aanhangig gemaak het, beweer dat Geingob gehelp het om die beweerde meesterbrein agter die rooftog, mnr. Imanuwela David, in hegtenis te neem. David het glo op 12 Junie 2020 die land onwettig binnegekom deur by Noordoewer met ’n kano oor die Oranjerivier te roei. Hy het glo ’n groot hoeveelheid kontant in sy besit gehad.

Geingob se kantoor het in ’n verklaring gesê bewerings van onreëlmatighede is “absurd en ronduit onsinnig”.

Verder word aangevoer Geingob “skakel met ander staatshoofde oor amptelike aangeleenthede, binne gevestigde diplomatieke protokolle, in ooreenstemming met die grondwetlike bevoegdhede van die president en op die voorskrifte van internasionale praktyke oor wedersydse samewerking tussen staatshoofde en regeringshoofde.” Dit is in verband met telefoongesprekke wat Geingob erken het hy met Ramaphosa oor die kwessie gehad het. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!