Grumoord op Mariental
Sewejarige se liggaam in verlate huis gevind
Die polisie vermoed die meisie is verkrag en toe met 'n baksteen doodgeslaan.
Marientallers is geruk nadat die liggaam van ’n sewejarige meisie Maandagmiddag in ’n verlate huis by die ou dadelplaas naby dié dorp gevind is.
Die meisie was glo naak en ’n bebloede baksteen is na bewering langs haar liggaam gevind. Hoewel ’n nadoodse ondersoek nog nie uitgevoer is om die oorsaak van haar dood met sekerheid te bepaal nie, vermoed die polisie sy is verkrag en met die baksteen doodgeslaan.
Sy was ’n graad 2-leerling by die Laerskool Mariental.
Die oorledene se pa het aan die media gesê hy het die huis omstreeks 17:00 verlaat om werk toe te gaan en sowat twee uur later het sy ma glo gebel om uit te vind waar die meisie is.
’n Soektog na die meisie is daarna van stapel gestuur wat gelei het tot die ontdekking van haar liggaam.
Die Namibiese polisie se koördineerder vir misdaadondersoeke in die Hardapstreek, adjunkkommissaris Eric Clay, het gesê die meisie se liggaam is deur ’n man gevind wat omstreeks 17:20 vuurmaakhout in die gebied bymekaargemaak het.
“Dit is ontnugterend, maar die polisie sal nie rus tot die verdagte gevind is nie,” het die nasionale woordvoerder van die Namibiese polisie, Kauna Shikwambi, gister op navrae oor die voorval gesê.
GEMEENSKAP MOET HELP
Volgens Clay het die polisie in dié stadium nog nie ’n verdagte geïdentifiseer nie en is niemand nog in hegtenis geneem nie.
Shikwambi het die gemeenskap van Mariental versoek om saam met die polisie te werk en inligting te deel.
“Diegene wat iets gesien het, moet nie bang wees om met die polisie te praat nie.
“As ’n gemeenskap, moet ons ons pogings verskerp om hierdie bose persoon, wat ’n onskuldige en kwesbare kind vermoor het, op te spoor,” het Shikwambi gesê.
Clay het ook versoek dat enigiemand met inligting oor die voorval hom dringend by 081 129 7473 moet kontak of senior inspekteur Boois by 081 259 8664 of 085 259 8664.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie