Die landdroshof se kantoor op Rehoboth het bevestig die verdagte het nie gister in die hof verskyn nie. Foto Argief
Die landdroshof se kantoor op Rehoboth het bevestig die verdagte het nie gister in die hof verskyn nie. Foto Argief

Grumoord ruk Rehoboth

Verdagte verskyn glo vandag in hof
'n Inwoner van die dorp sê dit is glo nie die eerste keer dat die man van moord verdink word nie.
Kristien Kruger
’n Vrou (64) is Dinsdag halfnaak in Rehoboth gevind met ’n keelwond.

Dit is bevestig dat ’n 29-jarige verdagte dieselfde dag in hegtenis geneem is en tans by die Rehoboth-polisiekantoor in aanhouding is.

Volgens ’n staatsaanklaer by die landdroshof op dié dorp sal die verdagte na verwagting vandag in die hof verskyn.

“Die verdagte kan 48 uur in aanhouding bly voor hy in die hof moet verskyn. Sy verskyning [vandag] sal daarom steeds binne dié tydperk wees.”

Die oorledene se keel is met ’n skerp voorwerp gesny en haar besittings is gesteel, luidens die Namibiese polisie se misdaadverslag.

Die polisie vermoed dat die oorledene dalk ook verkrag is. Die voorval het Dinsdag vermoedelik tussen 24:00 en 07:40 in die Blok-A-woonbuurt plaasgevind.

Die klagtes waarop die verdagte waarskynlik op tereg sal staan, sluit moord, diefstal en verkragting in. Die landdros sal vandag beslis of hy op borgtog vrygelaat kan word of in aanhouding moet bly.

BEWERINGS

’n Inwoner van Rehoboth het gister die koerant gekontak en beweer dat die verdagte – wie se naam nie bekend gemaak kan word tot hy in die hof verskyn het nie – ook ’n verdagte is in twee ander moordondersoeke.

Een van die moorde het glo vyf jaar gelede plaasgevind en die ander verlede jaar.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!