Hawelose vermoor kort ná eis teen polisie slaag
Bewusteloos naby ’n mark gevind
Mnr. Gregorey Gilbert Naomab is erg aangerand en is na die staatshospitaal op Swakopmund vir behandeling geneem, van waar hy na die Katutura-staatshospitaal oorgeplaas is.
Die 32-jarige mnr. Gregorey Gilbert Naomab, ’n hawelose man van Swakopmund wat onlangs met ’n eis om skadevergoeding teen die polisie geslaag het, is Dinsdag dood ná hy die naweek bewusteloos naby ’n mark in Mondesa gevind is.
Hy was erg aangerand en is na die staatshospitaal op Swakopmund vir behandeling geneem, van waar hy na die Katutura-staatshospitaal oorgeplaas is.
Adj.komm. Erastus Iikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in Erongo, het bevestig ’n man is gister in verband met die moord op Naomab in hegtenis geneem.
Regter George Coleman het op 11 Maart in die hoërhof in Windhoek gelas die minister van veiligheid en sekuriteit moet Naomab vergoed omdat die polisie hom drie jaar gelede onregmatig in hegtenis geneem en aangehou het.
Hy is van opsetlike saakbeskadiging verdink, maar selfs nadat CCTV-beeldmateriaal getoon het Naomab het hom nie aan die misdryf skuldig gemaak nie, is hy geboei, in hegtenis geneem en agter in ’n vangwa gelaai.
Mnr. Alfred Ellis van Ellis Attorneys op Swakopmund wat Naomab in die eissaak verteenwoordig het, sê hy het op straat oorleef deur leë koeldrank- en ander blikkies te versamel en as skrootmetaal te verkoop.
Hy het gister by navraag gesê hy is geskok oor wat met Naomab gebeur het.
Republikein het in ’n berig verlede week oor sy oorwinning in die hof, op versoek van Ellis nie genoem hoeveel geld ingevolge die hofbevel deur die polisie aan hom betaal moet word nie. Dit was om hom te beskerm aangesien hy as hawelose mens kwesbaar is.
Ellis het gister gesê die polisie het nog nie die geld aan Naomab uitbetaal nie. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie