Hotelrowers skiet veiligheidswag dood
Ellanie Smit - Drie verdagtes het gisteroggend in die vroeë oggendure die Town Lodge Windhoek-hotel beroof en ’n veiligheidswag wat op die toneel was, doodgeskiet.
Volgens die polisie het die drie verdagtes omstreeks 04:00 die oggend die hotel in Kleine Kuppe – geleë langs Lady Pohamba Private Hospitaal en die Grove Mall-inkoopsentrum – binnegegaan.
Hulle het die persoon by die ontvangstoonbank genader, twee vuurwapens op hom gerig en geëis dat hy die kluis oopmaak.
Hy het egter nie die kode vir die kluis gehad nie en toe hy dit vir die verdagtes sê, het hulle hom glo begin slaan en hom met ’n pistool oor die kop geslaan.
Die ontvangspersoon het daarin geslaag om die paniekknoppie te druk. Die verdagtes het met sy selfoon en N$1 300 se kontant uit die gebou gevlug toe hulle die reaksievoertuig hoor nader kom.
Die verdagtes en die veiligheidswag – geïdentifiseer as Armando Gawanab (28), wat alleen opgedaag het – het op mekaar geskiet en hy is in die proses getref.
Gawanab het self na die nabygeleë hospitaal gery, waar hy aan sy beserings beswyk het.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie