Inligting skraps oor Namdia-rooftog
Die verwagting van ’n gesamentlike mediakonferensie om meer lig te werp op die reuse- diamantrooftog wat verlede maand by die staatsbeheerde maatskappy Namib Desert Diamonds (Namdia) plaasgevind het, blyk tevergeefs te wees.
Die rooftog op Saterdag 18 Januarie het twee lewens geëis en ’n onbepaalde hoeveelheid diamante word steeds vermis.
Die Namibiese polisie (Nampol) se senior inspekteur, Hilma Amutenya, het op 20 Januarie aangekondig dat ’n mediakonferensie tot verdere kennisgewing uitgestel is en het weer op 22 Januarie ’n verdere uitstel bevestig.
Nampol se hoofwoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, het Donderdag gesê die saak is nou voor die howe nadat twee verdagtes intussen in hegtenis geneem is.
“Dus sal Nampol se woordvoerders nie meer enige inligting oor die saak kan kommunikeer nie,” het sy gesê.
Shikwaambi het wel bevestig dat die lede van die ondersoekspan nie verander het nie.
“Die sleutelondersoekbeamptes wat daardie aand deel van die ondersoek was, is deel van die taakspan wat deur die inspekteur-generaal saamgestel is, onder leiding van adj.komm. (Barry) De Klerk (van die eenheid vir beskermde hulpbronne).
“Komm. (Nelius) Becker en sy forensiese span bied forensiese en analitiese ondersteuning aan die ondersoek,” het Shikwambi bevestig.
NAMDIA
Namdia se woordvoerder, Beverley Coussement, het intussen gesê “ons is steeds van plan om onsself uit te spreek” oor die rooftog, hoewel sy nie kon sê wanneer of hoe verdere inligting van die staatsonderneming gedeel gaan word nie.
Coussement het aangevoer dat Namdia nooit ’n mediakonferensie belowe het nie, maar dat die diamantbemarker konsekwent inligting deel en iewers in die toekoms meer oor die verlies sal bekend maak.
Namdia het egter in ’n verklaring op 22 Januarie gesê hulle sal help om die mediakonferensie te reël. Hulle het toe daarna aangedui dat dit uitgestel sal word en het tot dusver nog nie weer ’n woord daaroor gerep nie.
SKORSINGS
Namdia het op Maandag 10 Februarie ’n verklaring uitgereik waarin die skorsing van sy uitvoerende hoof, Alisa Amupolo, sy bedryfshoof, Uahoroka Kauta, en sy sekuriteitsbestuurder, Paulinus Sheyapo, aangekondig word.
Die Namdia-direksie het die besluit as ’n dringende voorsorgmaatreël beskryf, wat glo nodig is om die integriteit van sowel die bestuur as die ondersoek te bewaar, luidens die verklaring.
Namdia se hoof van sekuriteit, Francis Eiseb, is tydens die rooftog dood, saam met een van die verdagtes, Max Endjala, wat volgens vroeë inligting glo aan ’n selftoegediende skietwond gesterf het.
Joel Angula (45) het reeds op Dinsdag 21 Januarie voor landdros Olga Muharukua verskyn op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede en die besit van ongeslypte diamante.
Sam Shololo, die tweede beskuldigde in die Namdia-roofsaak, het later op 28 Januarie in die Windhoek-landdroshof voor Muharukua verskyn.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie