Jagter Brian Roodt se sake hoop op

Sewe aanklagte in Dordabis-distrik
Onwettige luiperdjag is onder die loep met verskeie jagters wat vanjaar al in howe verskyn het.
Francoise Steynberg
Met verskeie wildmisdaadsake teen hom, is een van die sake teen die meester-jaggids Brian Roodt tot 29 Oktober vir pleit- en verhoordoeleindes uitgestel.

Roodt, die eienaar van Quality Hunting Safaris, het Dinsdag in die spesiale wildmisdaadhof in Katutura in die hoofstad verskyn op aanklagte rakende die versuim om aan natuurbewaringsregulasies te voldoen.

Hy het na bewering versuim om ’n jaarlikse jagverslag te voorsien oor waar, wanneer en watter wildspesies hy gejag het, asook die jagtrofeegetalle en name en nasionaliteite van sy kliënte.

In dié verband het Roodt na bewering ook verkeerde inligting verskaf oor ’n seekoeijag met ’n Hongaarse kliënt wat hy nie aangemeld het nie.

Sy regsverteenwoordiger, Gilroy Kasper, het kapsie gemaak dat bykomende klagte kort voor sy kliënt se verskyning Dinsdagmiddag op die klagstaat verskyn het.

“Daar is ’n persoonlike vendetta teen my kliënt. Die klagstaat is op die laaste minuut verander met ’n bykomende Poca-klag wat bygevoeg is.

“Ons kan nie pleit op hierdie aanklagte nie,” het Kasper by die waarnemende streeklanddros, Immanuel Udjonbala, gekla.

Die staatsaanklaer, Wai Murangi, het teruggekap dat sy die gewysigde klagstaat ’n uur voor Roodt se verskyning aan Kasper oorhandig het.

“Daar is geen persoonlike vendetta teen die kliënt nie en die staat se voornemens is nie kwaadwillig nie,” het sy beklemtoon.

Kasper het aangevoer dat hy tydens die etensuur sy kinders by die skool moes gaan haal.

Udjombala het gelas dat Roodt se borgtog verleng word en die saak na die Windhoek-landdroshof oorgeplaas word.

Kasper het ook buite die hofsaal probeer keer dat ’n joernalis van Network Media Hub (NMH) foto’s van Roodt neem en die joernalis se selfoon uit haar hand geruk.

Roodt staan ook tereg op sewe aanklagte in die Dordabis-distrik rakende die onwettige jag van beskermde wild (’n luiperd), onwettige jag in die nag en met honde, asook die onwettige besit van ’n luiperdvel en geldwassery.

Hy is op 24 Desember verlede jaar in hegtenis geneem waartydens hy sy eerste verskyning in die rondgaande hof op Dordabis gemaak het. Hy het Kersfees agter tralies deurgebring en op 27 Desember het hy op bykomende aanklagte in die hof verskyn. Roodt is op 28 Desember op borgtog van N$3 000 vrygelaat.

Die president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha), Axel Cramer, het bevestig dat Roodt inderdaad nie ’n lid van Napha is nie.

Cramer het hul lede aangemoedig om voort te gaan om te voldoen aan die reëls, regulasies en wette wat deur die lede en Napha uiteengesit is.

Hy het gesê dat Namibië deur die gesamentlike nakoming van hierdie riglyne, die volhoubaarheid van wildbevolkings en die langtermyn-lewensvatbaarheid van jag as ’n komponent van Namibië se bewaringstrategie kan verseker.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.32 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.86 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.19 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.87 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 549.80/OZ UP +1.50% | Copper US$ 4.16/lb UP +0.57% | Zinc US$ 2 855.50/T UP 2.5% | Brent Crude Oil US$ 72.07/BBP UP +1.34% | Platinum US$ 968.47/OZ UP +1.52% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.32 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.86 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.19 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.87 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 549.80/OZ UP +1.50% | Copper US$ 4.16/lb UP +0.57% | Zinc US$ 2 855.50/T UP 2.5% | Brent Crude Oil US$ 72.07/BBP UP +1.34% | Platinum US$ 968.47/OZ UP +1.52%