RAMPANT: Child neglect is a serious issue in Namibia.
RAMPANT: Child neglect is a serious issue in Namibia.

Kinderverwaarlosing lei tot tragiese gevolge

Byna 70 gevalle binne 14 maande aangemeld
Die polisie sê kindermishandeling wat nie sigbare beserings tot gevolg het nie, soos kinderverwaarlosing, is moeiliker om te identifiseer en te takel.
Kenya Kambowe
Te midde van voorvalle van kinders wat in emmers verdrink, huise per ongeluk afbrand of hoërisiko-situasies in die gesig staar terwyl hulle alleen gelaat word sonder volwasse toesig, is kinderverwaarlosing ’n ernstige probleem in Namibië.

Tussen Januarie 2023 en Maart vanjaar is sowat 69 voorvalle van kinderverwaarlosing by die polisie aangemeld en voorvalle van kinders wat sterf of hulself in gevaarlike omstandighede bevind weens verwaarlosing duur voort.

Sommige voorvalle van kinderverwaarlosing word by die polisie aangemeld, veral wanneer iemand dood is. Die Namibiese polisie meen egter dat talle voorvalle nie aangemeld word nie omdat dit toegesmeer word of weens familielede se onwilligheid om met owerhede te praat, dikwels uit vrees.

Die polisie het onlangs gewaarsku dat voorvalle waar minderjariges alleen gelaat word in situasies wat hulle aan lewensgevaarlike risiko’s blootstel soos verdrinking of verkragting, moeilik is om te identifiseer.

KOLLEKTIEWE BENADERING

Die woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, het verduidelik die polisie kla wel skuldiges aan, maar het beklemtoon om hierdie kwessies te takel, ’n kollektiewe benadering nodig is.

“Die realiteite is baie emosioneel, veral wanneer dit kom by kinders wat verwaarloos en mishandel word.

“Soms is dit moeilik om te identifiseer wanneer ’n kind verwaarloos of mishandel word, tensy dit fisiek is. Waar wonde en beserings sigbaar is,” het sy verduidelik.

Sy het ook daarop gewys dat talle kinders ontneem word van basiese behoeftes soos liefde, gesondheidsorg, onderrig en veiligheid, asook om gevoed te word en liefde te ervaar.

“Geen kind verdien enige vorm van mishandeling of verwaarlosing nie,” het sy beklemtoon.

Sy het bevestig dat talle voorvalle nie aangemeld word nie en daarom het die polisie besluit om gemeenskappe te betrek, bewusmaking te skep en hulle te leer oor hoe om sulke voorvalle aan te meld.

“Die rol van die polisie in sommige van hierdie kwessies kan net versterk word wanneer die gemeenskap betrokke is, hulle dit aanmeld, sake geopen en die verdagtes aangekla word.

“Dit verg kollektiewe optrede om ons kinders teen alle vorme van leed en gevaar te beskerm,” het sy beklemtoon.

GEVOLGE

In Januarie vanjaar het twee vyfjarige kinders in die informele nedersetting Okagongo kAakwambashu in die Omusatistreek verdrink.

Daar is beweer dat drie jong kinders gelos is om op hul eie bokke op te pas.

Vier maande gelede het ’n eenjarige seuntjie na bewering in ’n emmer water by die informele nedersetting Onziku in die Omusatistreek se Oshikuku-kiesafdeling verdrink.

Die afgelope maande het twee vyfjariges in Oshikoto per ongeluk hul gesinne se mahangu-oes aan die brand gesteek terwyl hulle alleen tuis was sonder volwasse toesig.

Die 43-jarige Magano Kambonde het verlede jaar in die Outapi-landdroshof verskyn op klagte van verwaarlosing van haar 11 maande oue baba wat in ’n 25 liter-houer met geweekte mahangu dood is. Luidens die polisieverslag het Kambonde haar drie minderjarige kinders op 10 November 2021 alleen by die huis gelos, wat tot die dood van haar jongste kind gelei het. Die ander twee kinders was onderskeidelik sewe en nege jaar oud.

In 2018 het ’n polisie-operasie gelei tot die verwydering van 56 kinders onder die ouderdom van 18 jaar uit sjebiens, kroeë en drankwinkels binne die tydperk van slegs vyf dae. Boonop het die polisie nege ma’s met hul babas by dié plekke gevind.

BEMAGTIG GEMEENSKAPPE

Plaaslike geslag- en kinderbeskermingspesialis Veronica Theron meen meer moet gedoen word om voorsteliniewerkers te bemagtig, die hofstelsels te verbeter en die gemeenskap te leer oor beskikbare hulpbronne.

“Na my mening behandel voorstelinie-diensverskaffers soos maatskaplike werkers, polisiebeamptes, mediese dokters nie verwaarlosing met die erns wat dit verdien nie,” het sy gesê en bygevoeg dat nie almal opgelei is of ondervinding het van die wetlike raamwerk met betrekking tot kinderbeskerming nie.

Sy het ook aangeraai dat hofsake waarby minderjarige kinders betrokke is, toegewyde personeel benodig.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.17 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1626.95 | USD to ZAR 17.9 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 524.90/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.18/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 859.80/T UP 2.66% | Brent Crude Oil US$ 71.66/BBP UP +0.76% | Platinum US$ 961.15/OZ UP +0.76% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.17 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1626.95 | USD to ZAR 17.9 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 524.90/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.18/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 859.80/T UP 2.66% | Brent Crude Oil US$ 71.66/BBP UP +0.76% | Platinum US$ 961.15/OZ UP +0.76%