Krylov neem sy eie lewe in tronk

Iréne-Mari van der Walt
Die Namibiese polisie het in sy naweekverslag bevestig dat die Russiese burger Alexander Krylov vroeg Vrydagoggend sy eie lewe in die tronk geneem het.

“Hy [Krylov] het op die normale tyd gaan slaap en is toe deur ander in die stort gevind,” het die kommissaris-generaal van Korrektiewe Dienste, Raphael Hamunyela, gister gesê.

Volgens die polisie se verslag het een van Krylov se medegevangenes sy liggaam gevind nadat hy homself met ’n stuk van sy kombers opgehang het. Die polisie het bevestig hy het geen brief agtergelaat nie en dat geen vuilspel vermoed word nie.

Krylov is in Februarie vanjaar saam met die Namibiër Anna Engelbrecht skuldig bevind op klagte van verkragting en kinderhandel. Hulle is gevolglik tot onderskeidelik 35 en 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Voor Krylov in verband met verkragting en kinderhandel in hegtenis geneem is, was hy ’n haweloods en het in Walvisbaai gewoon. Dit is hiér waar hy vyf minderjarige meisies tussen die ouderdomme van 13 en 16 verskeie kere verkrag het.

Krylov het tydens sy verhoor erken hy het die meisies betaal om seks met hom te hê, maar hy was onbewus daarvan dat hulle minderjarig was. Ander getuies het in die hof getuig dat Krylov die meisies in hul skooldrag gesien het.

Beide Krylov en Engelbrecht het in Mei ’n aansoek om verlof tot appél by die hoërhof ingedien. Hulle wou teen hul skuldigbevinding en vonnis appelleer, maar dié aansoek is van die hand gewys.

“Hoe voorkom jy selfdood? Niemand kan sê hulle weet wat die oplossing is nie,” het Hamunyela gister gesê.

Volgens hom pleeg drie of vier gevangenes na raming elke jaar selfdood in tronke. Hy sê egter die tronkbewaarders kan nie elke oomblik by alle gevangenes waghou om sulke voorvalle te voorkom nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!