Liggaamsdele wat gevind is, kan vermiste seun s’n wees

DNS-toetse moet dit nog bevestig
Twee hande, voete en bene is Dinsdagoggend ontdek, en die res van die liggaamsdele gisteroggend.
Tanja Bause (vertaling)
Leandrea Mouers – Die liggaamsdele wat vandeesweek op Karibib ontdek is, is dalk dié van ’n sesjarige seun wat sedert verlede week vermis word.

Die polisie se bevelvoerder in die Erongostreek, komm. Nikolaus Kupembona, het bevestig ’n jong seun se liggaamsdele is op Karibib gevind.

Twee hande, voete en bene is Dinsdagoggend ontdek, en die res van die liggaamsdele gisteroggend.

Hy het gesê ’n sterk vermoede bestaan dat dit liggaamsdele van die vermiste Adrian Myne Oswys (6) kan wees wat sedert 4 Oktober vermis word.

“Die moontlikheid is groot en DNS-toetse sal gedoen moet word. Die soektog na Adrian is gestaak nadat ons die liggaamsdele gevind het.”

Volgens die polisie se verslag het Adrian, ’n graad 0-leerling aan die Primêre Skool Ebenhaiser in Karibib, Maandag vanaf sy ma se huis in die informele nedersetting Harambee na sy oupa se huis in dieselfde nedersetting gestap.

“Sy oupa het hom glo Dinsdagnamiddag halfpad terug na sy ma se huis vergesel. Sy ma het Vrydag klere vir Adrian na sy oupa se huis geneem. Die oupa het haar ingelig dat hy hom Dinsdag reeds halfpad terug huis toe vergesel het.”

Die saak is Vrydagaand by die polisie aangemeld.

Die polisie, familielede en lede van die gemeenskap het onmiddellik ’n gesamentlike soektog van stapel gestuur.

Tydens dié soektog is die gruvonds by die riooldam gemaak.

Mnr. Clarence Geingob, ’n gemeenskapslid wat gehelp het om die honde-eenheid en die gemeenskap vir die soektog te mobiliseer, het gesê die soektog het Maandag tussen 08:00 en 09:00 begin. Die sakke wat op die water gedryf het, is omstreeks 12:15 gevind.

“Die familie woon twee huise van my af en ek moes help om hom te vind. In die omgewing van die riooldam het ons ’n verdagte sak sien dryf. Toe ons die sak oopmaak, het die soekgeselskap die gru-ontdekking gemaak.”

Met Republikein se besoek aan die dorp wou Adrian se ma en ouma nie kommentaar lewer nie. Hulle wil wag totdat die polisie seker is dat dit wel Adrian se liggaamsdele is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 31° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 29° Ruacana: 20° | 32° Tsumeb: 19° | 31° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 19° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 26° | 38° Keetmanshoop: 24° | 38° Aranos: 25° | 37° Lüderitz: 18° | 33° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 16° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 34° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 20° | 26° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 27° #REF! #REF!