Man kap broer byna met panga dood
Saak van poging tot moord geopen
'n Misverstand, glo oor familiesake, het tot die gru-voorval gelei.
Tuyeimo Haidula - ’n Vier-en-veertigjarige man het Woensdag om sy lewe geveg nadat sy broer hom glo met ’n panga gekap het. Die voorval het in die vroeë oggendure by die dorpie Oshikondiilongo in die Ohangwenastreek plaasgevind. ’n Saak van poging tot moord is geopen.
Volgens die Oshanastreek se polisiewoordvoerder, inspekteur Thomas Aiyambo, is die slagoffer in die Oshakati-staatshospitaal opgeneem, waar hy na die intensiewesorgeenheid geskuif is.
Aiyambo het gesê die 46-jarige verdagte het sy broer met die panga aan sy kop en albei arms gekap nadat die twee na bewering ’n misverstand oor familiesake by hul oorlede ouers se huis gehad het.
Die verdagte is Woensdagoggend in hegtenis geneem en het gister in die Oshakati-landdroshof verskyn.
Die polisieondersoek na die voorval duur voort.
SELFDOOD
Intussen, in ’n onverwante voorval, het ’n 47-jarige man Woensdagoggend selfdood gepleeg by die dorpie Oshitumbe in die Onesi-kiesafdeling.
Sy vrou het sy liggaam in hul huis ontdek, het die polisie se misdaadondersoekkoördineerder, adjunkkommissaris Moses Simaho, gesê.
Die oorledene is glo Woensdagoggend omstreeks 08:00 laas lewend deur sy vrou gesien. Sy het later sy lyk in hul slaapkamer ontdek.
“Geen vuilspel word vermoed nie, en geen selfdoodbrief is agtergelaat nie,” het die polisie gesê.
Die oorledene is geïdentifiseer as Uukongo Festus Kaalwehelwa.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie