Man skiet sy oupa dood oor ‘heksery’
Geen borgtog vir verdagtes
Die verdagte het glo steurende drome gehad waarin hy seks met sy grootouers het.
Kenya Kambowe - Kandere Shinkanda (30), wat na bewering sy 84-jarige oupa op 11 September by Mabushe in die Kavango-Oosstreek doodgeskiet het, het voorheen gekla dat hy slapelose nagte gehad het en drome gehad het dat hy en die oorledene seks het.
Kandere is in hegtenis geneem net ’n dag voordat die tweede verdagte, die selfverklaarde tradisionele geneser Linyando Murayi (38), homself aan die polisie oorgegee het.
Murayi het glo voorheen vir Kandere gesê sy oupa is ’n heks.
Mbambi Shinkanda is dood nadat hy na bewering met ’n AK47-outomatiese aanvalsgeweer in die bors geskiet is.
Die voorval het gebeur terwyl Mbambi saam met sy vrou, Annarosa Kashova Mungenga (92), aandete geëet het.
Mungenga is in die linkerbobeen geskiet, maar het oorleef en sterk tans in die Rundu-staatshospitaal aan.
DROME
Die oorledene se dogter, Solastic Mbambi, het gesê sy was by die huis ten tyde van die voorval.
“Ek het die eerste skoot gehoor en toe hoor ek my ma skree. Toe hoor ek die tweede skoot. Daar was niks wat ek kon doen nie, want ek het ook vir my lewe gevrees,” het sy gesê.
Op ’n vraag oor wat daartoe gelei het dat Kandere sy eie oupa doodgeskiet het, het Solastic en ander familielede verduidelik dat die voorval moontlik die gevolg is van steurende drome wat die verdagte gehad het.
In die drome het die verdagte na bewering seks met sy oupa en die ouer man se vrou gehad.
Verlede jaar het Kandere glo sy pa gebel om hom van sy slapelose nagte te vertel. “Sy pa het vir hom gesê om daardie inligting te deel met diegene wat hy van die dade beskuldig het.
“Hy het toe my pa [Mbambi] gekontak en hom vertel waaroor hy droom. My pa het dit nie goed ontvang nie,” het sy gesê.
“Kandere en sy pa is na die huis ontbied en die saak is na ’n tradisionele geneser verwys en dit het daar geëindig.”
TRADISIONELE GENESER
“In ’n stadium het Kandere selfs om verskoning kom vra en ’n paar maande gelede het hy sy nuwe meisie aan ons kom voorstel,” het Solastic gesê.
Toe sy oor Murayi gevra is, het sy gesê hulle ken hom omdat hy die tradisionele geneser is wat een van haar oorlede broers, wat siek was, gehelp het.
Solastic het gesê daar was spanning tussen Murayi en haar oorlede pa, wat die gevolg was van ’n betaling van N$5 000 aan die tradisionele geneser.
Die saak het in die tradisionele hof beland, met die oorledene wat N$1 000 van sy betaling teruggeëis het omdat hy aangevoer het dat N$5 000 te veel is en hy sy seun verloor het.
HEKS
Intussen het gemeenskapslede beweer dat Mbambi van heksery beskuldig is omdat hy glo sy kleinkinders se geluk weggeneem het.
“Wat mense sê, is dat die tradisionele geneser vir die kleinseun gesê het sy oupa is verantwoordelik vir sy lyding en die feit dat hy nie werk kry nie, wat hom aangespoor het om sy grootouers te gaan skiet.”
GEEN BORGTOG
Kandere is verlede Maandag in Angola in hegtenis geneem, terwyl Murayi – wat ook na Angola gevlug het maar teruggekeer het na Mbwata – homself die volgende dag aan die polisie oorgegee het.
Die polisie het die beweerde moordwapen en sewe rondtes lewendige ammunisie gekry.
Die verdagtes het Woensdag in die periodieke hof op Ndiyona verskyn. Hulle is borgtog geweier en die saak is tot 16 Januarie 2024 uitgestel.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie