RETRIEVED: The AK47 automatic rifle that was used to murder the deceased.
RETRIEVED: The AK47 automatic rifle that was used to murder the deceased.

Man skiet sy oupa glo dood met AK47

Saak tot Januarie 2024 uitgestel
Die slagoffer se kleinseun is in Angola vasgetrek terwyl die ander verdagte homself Dinsdag aan die polisie oorgegee het.
Yandi Du Plessis
Kenya Kambowe - Een van twee verdagtes wat met die moord op ’n 84-jarige man verbind word, is die oorledene se 30-jarige kleinseun.

Kandere Shinkanda is Maandag in Angola in hegtenis geneem, terwyl die tweede verdagte – Linyando Murayi (38), ’n selfverklaarde tradisionele geneser – homself Dinsdag aan die Namibiese polisie (Nampol) oorgegee het.

Die oorledene, Mbambi Shinkanda, is op Maandag 11 September, by die dorp Mabushe in die Kavango-Oosstreek doodgeskiet terwyl hy saam met sy vrou, Annarosa Kashova Mungenga (92), aandete geëet het.

Mungenga is ook geskiet en het ’n koeëlwond aan haar linkerbobeen opgedoen, maar sy het oorleef.

Besonderhede is steeds skraps oor wat tot die moord en poging tot moord gelei het, met ’n mannejag ná die skietery waarin die een verdagte etlike dae later vasgetrek is.

Shinkanda is vandeesweek in Angola in hegtenis geneem nadat hy verlede Vrydag na dié land gevlug het. Angolese owerhede het ’n rol in sy inhegtenisname gespeel.

Murayi (38) het ook die dag ná die voorval, op 12 September, na Angola gevlug, maar het ’n paar dae later na sy dorp teruggekeer. Die polisie is oor die verwikkeling ingelig, maar voordat hulle kon toeslaan, het hy homself Dinsdag oorgegee en is daarna in hegtenis geneem.

WAPEN

Volgens die polisie is daar tydens die arrestasies beslag gelê op die beweerde moordwapen – ’n AK47- outomatiese aanvalsgeweer en sewe rondtes ammunisie.

Die verdagtes het Woensdag voor landdros Selma Shiiga in die periodieke hof op Ndiyona verskyn.

Hulle is borgtog geweier en die saak is tot 16 Januarie 2024 uitgestel vir verdere polisieondersoeke en vir die verdagtes om regsverteenwoordiging te bekom.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!