polisie
polisie

Man sterf in ongeluk

Henriette Lamprecht
'n Saak van strafbare manslag en roekelose en of nalatige bestuur word deur die polisie ondersoek, nadat die 34-jarige Jacques Roberto Kurz Saterdag in die vroeë oggendure in 'n motorongeluk dood is. Volgens die polisie se jongste verslag het die ongeluk omstreeks 01:33 in Mandume Ndemufayo plaasgevind. Volgens die polisie was Kurz as passasier onderweg huis toe, toe hy glo die handrem opgetrek het. Die bestuurder (volgens die polisie na bewering sy meisie) het gevolglik beheer oor die voertuig verloor, waarna dit teen 'n boom gebots het. Kurz is op die toneel dood, terwyl sy meisie lig beseer is.

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer