Die 21-jarige moordverdagte is Vrydag borgtog geweier. Foto argief
Die 21-jarige moordverdagte is Vrydag borgtog geweier. Foto argief

Man vermoor glo vierjarige suster

Kenya Kambowe
’n Een-en-twintigjarige verstandelik gestremde man het na bewering sy vierjarige suster vermoor.

Die voorval het verlede Donderdag in die informele nedersetting Okeeke in Oshikoto se Omuntele-kiesafdeling plaasgevind.

Die polisie vermoed dit is ook ’n voorval van kinderverwaarlosing aangesien die ouers glo die kinders alleen gelos en na ’n cuca-winkel gegaan het.

Die meisie is glo in die sorg van die verdagte en vyf minderjarige seuns tussen die ouderdomme van 2 en 10 gelaat.

“Toe die ouma by die huis gekom het, het sy ontdek dat die oorledene nie by die huis was nie,” lui die polisieverslag.

“’n Ou man van hul woonbuurt wat water by hul waterkraan kom haal het, het haar vertel dat Tomas [die verdagte] die huis saam met die oorledene verlaat het en dat hulle nooit teruggekeer het nie.”

Hulle het na die meisie begin soek. Hulle het haar liggaam later toe hulle weer terug by die huis gekom het, gevind.

“Die oorledene se lewelose liggaam is langs die hoofingang van die huis gelaat,” lui die verslag, wat verder sê dat sy twee steekwonde, een agter tussen die skouers en nog een in die linkerbors, gehad het.

“Die verdagte se voetspore is gevind, maar hy was nêrens te vinde nie.”

Hoewel die verdagte van die toneel gevlug het, is hy dieselfde dag in hegtenis geneem. Hy het Vrydag in die Ondangwa-landdroshof verskyn en is borgtog geweier.

Die meisie se oorskot is na die Omuthiya-polisie se lykshuis geneem vir ’n nadoodse ondersoek.



ERNSTIGE KWESSIE

Dié voorval kom enkele dae nadat Network Media Hub berig het oor die toenemende aantal voorvalle van kinderverwaarlosing in landelike gemeenskappe wat tot ernstige gevolge lei.

Tussen Januarie verlede jaar en Maart vanjaar is sowat 69 gevalle van kinderverwaarlosing by die polisie aangemeld.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 20° | 24° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 21° | 27° Otjiwarongo: 20° | 30° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 19° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 31° Mbabane: 19° | 27° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 23° | 33° Windhoek: 19° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 32° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!