Misdaadsyfer styg met 38%
Tuyeimo Haidula op Oshahati – Die Ohangwenastreek gaan steeds gebuk onder ’n groot aantal misdade, met 4 689 sake wat gedurende die 2022-’23-boekjaar aangeteken is.
Die misdade sluit onder meer diefstal (1 445), aanranding en ernstige liggaamlike besering (1 040), huisinbrake (982), geslagsgebaseerde geweld (432), verkragting (254), roof (241), veediefstal (268) en moord (27) in. Dit is ’n toename van 1 801 sake vanaf die vorige jaar.
“Dit verteenwoordig ’n toename van 38% in misdade wat in die streek gepleeg word. Hierdie situasie is ’n groot rede tot kommer vir die streek se leierskap.”
Só het die goewerneur van die streek, Walde Ndevashiya, Maandag tydens sy streekrede gesê.
Om die misdaadsyfer te bekamp, is ’n nuwe polisiekantoor by Ongha gebou asook polisiebarakke by Eenhana, het hy bygevoeg.
Ndevashiya het ook gesê ’n polisiekantoor met ’n aanklagkantoor, aanhoudingselle vir beide mans en vroue asook enkel- en getroude kwartiere by Endola is tans aan die gang.
“Planne is ook aan die gang om nuwe polisiekantore by Ondobe, Epembe en Omboloka te bou,” het hy bygevoeg.
GEBOORTES AANGETEKEN
Gedurende die tydperk onder oorsig, is 4 709 geboortekennisgewings en 4 860 laatgeboortes in die streek geregistreer, terwyl 7 401 nuwe geboortesertifikate uitgereik is.
Die streek het 7 344 nuwe identiteitsdokumente (ID’s) uitgereik, terwyl 10 320 ID’s afgehaal is.
“Die streek ervaar ook steeds die uitdaging van staatlose en ongedokumenteerde inwoners. Daarom, ten einde staatloosheid te verhoed en om alle kinders toegang te bied tot die verskillende maatskaplike veiligheidsnette wat die regering aan sy burgers bied, doen ek ’n beroep op alle ouers en ander versorgers om ’n groter poging aan te wend om toe te sien dat elke kind in hul sorg die nodige nasionale dokumente betyds bekom,” het hy beklemtoon.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie