Volgens die misdaadverslag vir die afgelope naweek, is drie moorde en een verkragting aangemeld. Foto Argief
Volgens die misdaadverslag vir die afgelope naweek, is drie moorde en een verkragting aangemeld. Foto Argief

Moorde, verkragting vier hoogty dié naweek

Kristien Kruger
’n Vrou (44) van die informele nedersetting Vunguvungu op Okahao is Saterdag omstreeks 01:51 in ’n plas bloed gevind met verskeie wonde op haar rug en nek. Volgens die polisie se misdaadverslag word daar vermoed dat ’n rusie met iemand binne die oorledene se huis tot haar dood gelei het.

BYLMOORD IN HAVANA

’n Een-en-dertigjarige man is Saterdag in die informele nedersetting Havana naby Windhoek net voor middernag met ’n byl in die straat geslaan. Volgens die polisie se verslag is hy op die toneel dood.

VROU VAS NÁ MAN SE MOORD

’n Vrou het na bewering haar 38-jarige man, Albertus (Pappie) Kamanda, met ’n mes doodgesteek. Kamanda se liggaam is die afgelope naweek in die informele nedersetting Du Plessis, sowat 85 km noord van Gobabis, gevind en sy 23-jarige vrou is in hegtenis geneem. Kamanda se familie is reeds van sy dood in kennis gestel.

ERNSTIGE KOPBESERINGS

’n Verbyganger het die liggaam van Magnus Hausiku Kamanga (48) Vrydagmiddag sowat 12 km buite Okakarara gevind. Kamanga se kop het ernstige beserings gehad en die polisie vermoed dat ’n voertuig oor hom gery het. Sy naasbestaandes is reeds van sy dood in kennis gestel en die ondersoek duur voort.

VERKRAGTING

’n Agtienjarige meisie is glo die afgelope Saterdag in die bosse by Heroespark op Otjiwarongo verkrag. ’n Verdagte (21) is in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die landdroshof op dié dorp verskyn. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!